top of page
Sheep

WAT DOEN ONS | SKAAPTREK CAMINO

Skaaptrek is kos vir die siel.


Skaaptrek is ‘n 7-dae begeleide Pelgrims Camino deur die hart van die Bo-Hantam (Loeriesfontein) en Boesmanland. Die natuur en ervaring se sielskos word voorgesit deur Wium (Executive Coach) die gids vir jou reis om duidelikheid en moed vir jou toekomsbesluite te kry.

Skaaptrek is ‘n seisoengebonde veetrek na vars weiding. Skaaptrek is ‘n pelgrimstog van losmaak en agterlaat, ‘n stap neem en uitstrek na nuwe lewe.


•       Dag 1: Verwelkoming (Loeriesfontein) en bekendstelling
•       Dag 2: Trekvoorbereiding
•       Dag 3-5: Die Trek
•       Dag 6: Veldbesigtiging en windpompmuseum ervaring.
•       Dag 7: Afsluiting en vertrek.

 


Wat wag op jou?


Ongeveer 90km oor 3 dae se grondpadstap teen 'n rustige tempo – (doenbaar vir ‘n gemiddelde stapper)
Kampvuur, sonsak, moerkoffie, stories.
Kontrei- en trekpadkos, lekkernye en smake uit die streek.
Ruimte, landskap, sterrehemel en stilte.
Vryheid – van onder sterre slaap – of keuse om in ‘n tent te slaap.

Vir ‘n unieke en intieme ervaring word die getal pelgrims beperk.
Alle etes en verblyf is ingesluit. Bring slegs jou eie slaapsak.
Prys beskikbaar op aanvraag.

Is Skaaptrek waarvoor jou siel lank reeds smag?
Is dit tyd…?
Luister, volg jou hart.

Kontak inviagemeente@gmail.com vir meer inligting.

bottom of page