top of page

Wat is Geestelike Onderskeiding?

"And this is my prayer: that your love may abound more and more in knowledge and depth of insight, so that you may be able to discern what is best…" Phil. 1:9-10

But solid food is for the mature, who by constant use have trained themselves to distinguish good from evil." Heb. 5:14

“Everything in the discernment of spirits is directed toward action: toward firmly accepting what is of God and equally firmly rejecting what is not.”

Timothy Gallagher


Onderskeidingsvermoë (Discernment) beteken om doelbewus keuses te maak. Om te wag en bewus te word van my opsies en motiverings. Watter van hierdie paaie wil God hê moet ek neem? Wat sal meer lewegewend wees op my reis en ook meer belyn wees met my ware self? In hierdie sessies wonder ons saam oor hoe dit lyk as ek onderskeiding sien en ervaar as ‘n konstante, praktiese belangstelling en uitnodiging van die Lewe-Gewer in my alledaagse lewe.


‘If we could lift the veil and if we watched with vigilant attention, God would endlessly reveal himself to us and we would see and rejoice in his active presence in all that befalls us’ – Jean Pierre de Caussade.


“To know Jesus intimately, to love him more intensely so to follow him more closely.”


Daar is baie verskillende perspektiewe en grondslae waaruit Geestelike Onderskeiding beskou kan word. Vir hierdie InSig sessies het ons besluit om na die onderwerp te kyk uit ‘n Ignasiese Spiritualiteits-perspektief, juis omdat die onderwerp so kompleks kan wees, maar Ignatius gee vir ons ‘n baie praktiese blik op Geestelike Onderskeiding of die ‘Discernment of Spirits’.


Iets meer oor St.Ignatius: Ignatius Loyola is in 1491 gebore in ‘n adellike familie in Noord-Spanje. As jong man is Ignatius sterk beïnvloed deur ideale en drome soos hoflike liefde en ridderskap, en sy grootste ideaal was om dapper wêreldse dade te verrig. In 1521 is hy egter ernstig gewond in 'n geveg met die Franse. Tydens sy lang reis na herstel het hy eers al die ‘Mills and Boon’ novelles van sy tyd gelees, maar later uit verveling in sy familie kasteel boeke gevind oor die lewens van Jesus en die Heiliges. Hy het bewus geword van hoe hierdie skrywes hom op ‘n diep manier raak en gelukkig maak, en hom uitnooi na ‘groot dinge’ in lyn met God se plan. Ignatius het besef dat hierdie positiewe gevoelens leidrade is vir God se uitnodiging vir sy lewe. Deur sy latere moeilike lewensreis en uitdagende ervaringe het Ignatius 'n kenner geword in die kuns van geestelike begeleiding. Hy het sy insigte, gebede en voorstelle in sy boek ‘The Spiritual Exercises’, een van die mees invloedryke boeke oor die geestelike lewe wat ooit geskryf is, versamel. Met 'n klein groepie vriende het Ignatius Loyola die Genootskap van Jesus, oftewel die Jesuïete, gestig. Ignatius het die Jesuïete as ‘Contemplatives in Action’ beskou. (As jy belangstel in die lewensreis van Ignatius kan jy sy autobiografie aanlyn vind as deel van die Gutenberg Projek se gratis aanlyn-materiaal: (https://www.gutenberg.org/files/24534/24534-h/24534-h.htm )


‘Discernment of Spirits’ (ons sal meestal verwys na Geestelike Onderskeiding) is waarna Ignatius verwys as die ‘bewegings van die siel’. Hierdie innerlike bewegings bestaan ​​onder andere uit gedagtes, verbeeldings, emosies, neigings, begeertes, gevoelens, afstotings en dinge wat ons aantrek. Geestelike Onderskeiding in hierdie konteks behels dus om sensitief te word vir hierdie bewegings, daaroor na te dink, te verstaan ​​waar hulle vandaan kom en waarheen hulle ons lei. Deur die bril van so ‘n spiritualiteit beteken Geestelike Onderskeiding baie meer as die intellektuele aktiwiteit van goeie keuses maak. Dit behels die formasie, vorming en uitleef van ons hele geestelike lewe en uitkyk, omdat ons baie bewus is van wat in ons binneste aangaan. Ignasiese ‘Discernment of Spirits ‘het altyd te make met twee of meer ‘oënskynlike’ goeie dinge, wat op die oppervlak moontlik albei lyk na uitnodigings van God.

Die onderskeiding is om saam met God en moontlik ‘n ‘accountability partner’ tyd te spandeer om uit te vind watter is die beter besluit. Die beter is tipies ook in ‘alignment’ met my ‘ware self’ wat God ook intiem ken, en nooit ‘n skeiding met God ervaar het nie.


Daar is ‘n paar basiese beginsels van Ignasiese Spiritualiteit wat hierdie benadering tot Geestelike Onderskeiding verduidelik as gepas– verwys gerus na https://www.ignatianspirituality.com


1. Ignasiese Spiritualiteit het begin met iemand wat baie persoonlike en emosionele dinge moes onderskei / besluit in sy lewe en op sy pad:


It begins with a wounded soldier daydreaming on his sickbed’.


Ignatius het waardevolle insigte in die geestelike lewe gekry op sy lang en moeilike persoonlike geestelike reis, en later ‘n kundige geword wat ander gehelp het om ook hul verhouding met God te verdiep. Dat dit ‘n persoonlike ervaring is, maak Ignasiese spiritualiteit 'n intens praktiese spiritualiteit.


2. Ignasiese Spiritualiteit sien God in alles, as aktief betrokke in elke klein detail:


The world is charged with the grandeur of God’.


‘n Sentrale tema van Ignasiese spiritualiteit is die oortuiging dat God oral aktief en belangstellend aan die werk is - in werk, verhoudings, kultuur, die kunste, die intellektuele lewe, die skepping self.

The whole creation is a gift from God and that it all also leads towards God. All these gifts from God, is presented to us so that we can know God more easily and make a return of love more readily’ (Fleming).

Alles in ons wêreld word aan ons voorgehou "sodat ons God makliker kan ken en 'n terugkeer van liefde makliker kan maak." Ignasiese spiritualiteit beklemtoon die onderskeid van God se teenwoordigheid in die alledaagse aktiwiteite in ‘n gewone lewe van ‘n gewone mens. Dit sien God as 'n aktiewe God, altyd aan die werk, wat ons uitnooi na 'n steeds dieper konneksie. Ek dink hier aan die uitnodiging van die ‘Welkomgebed’ wat ons by Invia so dikwels gebruik:


Welkom, welkom, welkom.

Ek verwelkom alles wat vandag na my toe kom omdat ek weet dit is vir my genesing.

Ek verwelkom alle gedagtes, emosies, persone, situasies en omstandighede.

Ek neem afskeid van my begeerte na mag en beheer. Ek neem afskeid van my begeerte na liefde, status, aanvaarding en plesier. Ek neem afskeid van my begeerte na oorlewing en sekuriteit.

Ek neem afskeid van my begeerte om enige situasie, mense en myself te verander.

Ek stel myself oop vir die liefde en teenwoordigheid van God en God se werk in my.

Amen.


3. Ignasiese Spiritualiteit ervaar ‘n konstante uitnodiging van God na ons:


‘It’s about call and response—like the music of a gospel choir’.


'n Ignasiese geestelike uitkyk fokus op God wat nou hier aan die werk is, en die ‘clues’ is in die detail van my lewe. Dit nooi uit na 'n aktiewe aandag aan God, saam met 'n reaksie op God se uitnodoging tot dit wat meer lewe gee vir my. God roep/reik uit- ons reageer. Hierdie roep-reaksie-ritme van die innerlike lewe maak onderskeiding en besluitneming veral belangrik. Ignatius se riglyne vir onderskeidingsvermoë en sy skerpsinnige benadering tot besluitneming word byvoorbeeld ook hoog geag in velde soos sielkunde- en geestelike wysheid. Fleming skryf:

Everything has the potential of calling forth in us a deeper response to our life in God. Our only desire and our one choice should be this: I want and I choose what better leads to God's deepening his life in me’.

4. Ignasiese Spiritualiteit sien ons emosies en verbeelding en ‘droomwêreld’ as baie betekenisvol:


‘The heart has its reasons of which the mind knows nothing’.


Ignatius se bekering het plaasgevind toe hy in staat was om die geestelike betekenis van sy emosionele lewe te interpreteer- ons keuses en besluite word deur meer as die bloot rasionele of redelike beïnvloed. Die doel van ‘onderskeiding’ is om 'n vrygewige, heelhartige aanbod van jouself aan God en aan sy werk te maak.


5. Dit is ‘n praktiese spiritualiteit wat enigiemand kan beoefen.


Dit is 'n uitkyk, nie 'n program nie; 'n stel houdings en insigte, nie reëls of 'n skema nie. Ignatius se belangrikste raad aan geestelike begeleiers was om die ‘Exercises’ aan te pas by die behoeftes van die unieke persoon wat dit onderneem. Die kern van Ignasiese spiritualiteit is 'n diepgaande humanisme. Dit respekteer mense se geleefde ervaring en eer die groot verskeidenheid van God se werk in die wêreld. Die Latynse frase ‘cura personalis’ word dikwels in Ignasiese kringe gehoor. Dit beteken ‘sorg vir die persoon’ - aandag aan mense se individuele behoeftes en respek vir hul unieke omstandighede, lewenskennis en bekommernisse.

6. Ignasiese Spiritualiteit plaas waarde op samewerking tussen mense en God.


‘Don’t do it alone’.


Ignasiese Spiritualiteit sien die skakel tussen God en die mens as 'n verhouding - 'n vriendskapsband wat mettertyd ontwikkel soos 'n menslike verhouding dit doen. Samewerking is byvoorbeeld ingebou in die struktuur van die ‘Spiritual Exercises’: 'n geestelike begeleier help die ondernemer om die geestelike inhoud van die ervaring te interpreteer.


7. Ignasiese Spiritualiteit stel ons bloot aan die konsep van ‘Ignatian Indifference’


‘Free at last’.


Ignasiese Spiritualiteit beklemtoon innerlike vryheid. Om reg te kies, moet ons daarna streef om vry te wees van persoonlike voorkeure, oorbodige aanhangsels en vooraf gevormde opinies. Ons een doelwit is die vryheid om 'n heelhartige keuse te maak om God te volg.


8. Ignasiese Spiritualiteit heg baie waarde om te ervaar; teenwoordig te wees in die huidige oomblik ; en ook op ‘n terugblik op die dag, week, seisoen: die ‘objective observer’


‘Sum up at night what thou hast done by day’.


Die Ignasiese ingesteldheid is sterk geneig tot refleksie en selfondersoek, soos wat in die daaglikse ‘EXAMEN’ beoefen word: 'n oorsig van die dag se aktiwiteite met die oog daarop om die teenwoordigheid van God te sien en daarop te reageer.

Om dit saam te vat kan ons moontlik wonder oor ‘n oorkoepelende, groter, konstante vraag: watter rigting, keuse, uitnodiging aan my gaan lei tot ‘increased faith, hope and love’. Ek kan dit vra in die kleinste besluite, maar ook die heel grootste: Wat is God se wens vir my lewe? Die antwoord sal altyd wees na ‘increased faith, hope and love’.


Ont-dek


Ons het gesien dat deur die bril van Ignatian Spiritualiteit behels onderskeiding baie meer is as die intellektuele aktiwiteit van keuses maak. Dit behels die formasie, vorming en uitleef van ons hele geestelike lewe en uitkyk. Ons wil saam ont-dek wat in ons binnewêreld, ons harte en gedagtes aangaan. Ons is van baie van hierdie ondervindings nie eers bewus nie, tog affekteer dit ons keuses onbewustelik. Ons wonder oor vrae soos: Hoe weet ek wat is ‘n uitnodiging van God en wat is nie van God af nie? Wat lei my nader aan God en wat lei my weg van God af?


Die Ignasiese benadering tot Geestelike Onderskeiding berus op verskeie voorveronderstellings. Eerstens aanvaar dit dat die alternatiewe wat oorweeg word almal positief, konstruktief en moreel korrek is. Die persoon wat besig is in die onderskeidingsproses is ook iemand wat op ‘n reis met God, wat ‘n begeerte het na groeiende geestelike volwassendheid, en wat wil kies vir dit wat sal lei tot 'n dieper verhouding met God.


Hierdie benadering tot onderskeiding beklemtoon verder ‘n tipe van Vryheid (‘Ignatian Indifference’). Om 'n besluit te kan neem vanuit ‘n posisie van ‘indifference / detachment’ beteken dat ons ons eie voorkeure en opvattings tersyde stel en daarna streef om ‘los’ / verwyderd te wees van eksterne sosiale druk en sielkundige spanning. Ons ondersoek ons ​​interne motiewe en begeertes noukeurig, wat nie maklik is nie. Baie van die gebed en refleksie in Ignasiese besluitneming het te make met die bereiking van ‘n tipe van objektiewe ‘detachment’ tot die verskillende opsies, sodat ons waarlik en vryelik dit kan kies wat sal lei tot ‘n dieper verhouding met God – increased faith, hope and love’.


Die Ignasiese benadering verg wel ook ‘n daadwerklike ‘commitment’ - dat ons in ons geestelike onderskeidingsproses elke redelike poging aanwend om wel God se wil te vind. Dit behels 'n opregte toewyding om te bid, te ondersoek, en om selfkennis te verkry. Ons moet al die relevante inligting oor ons alternatiewe versamel en al die omstandighede en waarskynlike uitkomste noukeurig opweeg. Besluitneming in die Ignasiese modus behels dus beide die hart en die verstand.


Dit kan moontlik soos ‘n onbegonne taak klink, maar gelukkig het Ignatius vir ons vele praktiese ‘geskenke’ / ‘tools’ gegee om ons hiermee te help, om ons te lei in beide alledaagse onderskeiding en ook in groter lewensbesluite. Hierdie is nie ideologiëe, teoriëe of stelle reëls nie. Dit is eerder sagte riglyne vir ‘n daaglikse keuse na dit wat meer lewegewend is. Van die ‘tools’ sluit in die daaglikse ‘EXAMEN’, en die ‘Spiritual Exercises’, wat meer as 500 jaar gelede uit sy eie gewaarwordinge van besluitneming gebore is. Die ‘Exercises’ is 'n samestelling van meditasies, gebede en kontemplatiewe praktyke wat deur St. Ignatius Loyola ontwikkel is om mense te help om hul verhouding met God te verdiep, en is as’t ware ‘n reis met Geestelike Onderskeiding:

“The term ‘spiritual exercises’ denotes every way of examining one’s conscience, of meditating, contemplating, of pray vocally and mentally, and other spiritual activities. For as strolling, walking and running are exercises for the body, so ‘spiritual exercises’ is the name given to every way of preparing an making ourselves ready to get rid of all disordered affections, so that, once rid of them, on might seek and find the divine will in regard to the disposition of one’s life for salvation of the soul. Increasing openness to the movement of the Holy Spirit, for helping to bring to light the darkness’s of sinfulness and sinful tendencies within ourselves, and for strengthening and supporting us in the effort to respond ever more faithfully to the love of God.” Annotation 1 – Spiritual Exercise.


(InVia het ‘n paar geestelike begeleiers wat mense deur die ‘Exercises’ kan vergesel. Kontak gerus inviagemeente@gmail.com vir meer inligting.)

Ignatius het verder ook vir ons die belangrikheid van geestelike reisgenote uitgelig – mense met wie ons in ‘n veilige spasie ons geestelike lewe en ervaringe kan deel. Hierdie ‘accountability partners’ kan natuurlik enigeen wees wie saam met ons kan luister / wonder oor God se uitnodiging, maar in die Ignasiese konteks is een so ‘n opsie van ‘n reisgenoot ‘n geestelike begeleier. “Begeleier” is moontlik effe misleidend, want 'n ware geestelike begeleier gee nie veel rigting in terme van voorstel wat 'n persoon moet doen of om vir haar te sê of sy reg of verkeerd is of andersins nie. 'n Geestelike reisgenoot is ook nie 'n onderwyser of ‘n ‘life coach’ nie, hul bied eenvoudig ‘n teenwoordigheid en 'n luisterende oor – nog ‘n perspektief waaroor gewonder kan word as ons dink aan God se uitnodiging en wat meer lewegewend is. Ignatius was baie ernstig oor God se vermoë om direk met ‘n persoon te werk, en hy het in redelike sterk terme geestelike begeleiers aangemoedig om slegs ‘n spasie te hou waar ‘die Skepper direk met die skepsel handel’ – ‘let the Creator deal with the creature’. Dit beteken nie dat die geestelike begeleier stil daar sit soos die stereotipiese analis of terapeut nie. Hy of sy tree met jou in gesprek, en jou gespreksonderwerp gaan oor die algemeen oor jou verhouding met God – alhoewel daar baie buigsaamheid is in watter woordeskat jy gebruik of watter konsepte oor die innerlike lewe jy verken.

Ignasiese riglyne vir geestelike onderskeidingsvermoë

(Rules of Ignatian Discernment of Spirits)


Ignatius het verskeie riglyne vir Geestelike Onderskeiding in die Spiritual Exercises nalating ingesluit – dinge wat hy self prakties besef het terwyl hy besig was om te herstel van sy gevegsbeserings. Soos genoem het hy verskillende innerlike bewegings opgemerk soos hy sy toekoms voorgestel het, soos wat in sy outobiografie geskryf staan:

“He did not consider nor did he stop to examine this difference until one day his eyes were partially opened and he began to wonder at this difference and to reflect upon it. From experience he knew that some thoughts left him sad while others made him happy, and little by little he came to perceive the different spirits that were moving him; one coming from the devil, the other coming from God” (Autobiography, no. 8).

Ignatius het geglo dat hierdie innerlike bewegings deur ‘goeie geeste’ en ‘bose geeste’ veroorsaak word. Basies beteken dit dat ons die ‘uitnodiging’ van 'n goeie gees (God?) in ons innerlike wil hoor en volg en die optrede van 'n bose gees / vyand / duiwel verwerp (plaas jou eie definisie hier van dit wat jou wegneem van lewe) verwerp. Om vandag te praat van 16-e eeuse ‘goeie en bose geeste’ terme kan vir ons vreemd wees, en die Sielkunde en ander wetenskapsvelde bied ander name vir wat Ignatius goeie en bose geeste genoem het - ons nooi jou uit om jou eie woorde hieraan te gee. Tog erken Ignatius se terme die werklikheid van die ‘slegte’ in die wêreld. Die slegte/bose is beide groter as ons en ook deel van wie ons is. Ons harte is meestal verdeel tussen goeie en slegte impulse – dit wat meer lewegewend is of minder. Om hierdie ‘geeste’ te noem, erken bloot die geestelike dimensie van hierdie innerlike stryd wat afspeel in ons elk se binnewêreld.

Die gevoelens wat deur goeie en bose geeste aangewakker word, word in die taal van Ignasiese spiritualiteit as ‘Consolation and Desolation’ beskryf (‘troos’ en ‘verlatenheid’). Geestelike vertroosting (consolation) is 'n ervaring om so aan die brand te wees met God se liefde dat ons gedwing voel om God te loof, lief te hê en te dien en ander te help so goed as wat ons kan. Geestelike vertroosting moedig en fasiliteer 'n diep gevoel van dankbaarheid vir God se getrouheid, genade en kameraadskap in ons lewe. Tydens tye van ‘consolation’ voel ons meer lewendig en verbind met ander en God. Geestelike verlatenheid (desolation), daarenteen, is 'n ervaring van ons gees / emosies in ‘n duisternis of onrus. Ons word geteiken deur allerhande twyfel, gebombardeer deur versoekings en vasgevang in selfbekommernisse. Ons is buitensporig rusteloos en angstig en voel afgesny van ander. Sulke gevoelens, in Ignatius se woorde, ‘beweeg 'n mens na 'n gebrek aan geloof en laat 'n mens sonder hoop en sonder liefde’.

‘For people who have closed themselves off from God’s grace, the good spirit disturbs and shakes up. It stirs feelings of remorse and discontent. The purpose is to make the person unhappy with a sinful way of life. On the other hand, the evil spirit wants such people to continue in their confusion and darkness. So the evil spirit tries to make them complacent, content, and satisfied with their distractions and pleasures. For people who are trying to live a life pleasing to God, the good spirit strengthens, encourages, consoles, removes obstacles, and gives peace. The evil spirit tries to derail them by stirring up anxiety, false sadness, needless confusion, frustration, and other obstacles.’

Die sleutelvraag in die interpretasie van ‘consolation’ en ‘desolation’ is: waar kom die beweging vandaan en waarheen lei dit my? Geestelike vertroosting beteken nie altyd geluk nie, en geestelike verlatenheid beteken nie altyd hartseer nie. Soms is 'n ervaring van hartseer 'n oomblik van bekering en intimiteit met God. Tye van menslike lyding kan oomblikke van groot genade wees. Net so kan vrede of geluk ‘n illusie wees as hierdie gevoelens ons help om veranderinge te vermy wat ons moet maak.

Een van die belangrikste riglyne om lewegewende keuses te maak is dat jou beeld van God (image of God) gesond moet wees. Om te glo dat ‘I am from Love, of Love, for Love’ vorm die fondasie van die geestelike onderskeidingspad. ‘n Persoon se belydende en operasionele beeld van God kan onbewustelik verskil. Hier speel die spirituele begeleier ‘n belangrike rol om dit raak te sien en sagkens saam met die persoon toe te laat dat God dit herstel.

Saam met ‘n Godsbeeld, bepaal ‘n persoon se oriëntasie teenoor God ook watter stemme hy of sy toelaat om na te luister. As jou oriëntasie weg van God gerig is, sal die slegte gees jou aanmoedig om daarmee voort te gaan en die goeie gees sal jou gewete aanspreek. As jou oriëntasie na God gerig is, sal die slegte gees jou verlei met lekkerder dinge en ontmoedig om die pad te stap en die goeie gees sal jou troos en aanmoedig.

Soos reeds hier bo kortliks genoem is ‘Ignatian Indifference’ die begeerte om in vryheid 'n heelhartige keuse te maak om God te volg. Dit vorm nog een van die fondasies wat in plek moet wees voor ‘n onderskeidings proses kan begin.

‘Indifference’ begin met ‘n voorneme ‘n ‘grace/gift’ waarvoor ons vra en as dié begeerte ‘n realiteit word, begin die Heilige Gees ons harte verander en transformeer sodat dit ons begeerte is om vry te lewe in geloof, liefde en hoop.

‘Indifference’ is ‘n houding, om die ewewig, die spasie te hou en bewus te wees van jou eie begeertes, persoonlike voorkeure, oorbodige aanhangsels en vooraf gevormde opinies wat dalk jou besluite kan beïnvloed. Dit kan gesien word as 'n spasie waarbinne die bewegings van jou gevoelens die Gees aanvoel en God se wil raaksien. Dit vind altyd plaas in die stilte waar ‘n onvoorwaardelike luister moontlik word. Ons moet dit nie verwar om apaties te wees nie, ‘indifference’ is heel anders, dit is ‘n begeerte om God se wil te volg.


‘Indifference’ vra ons nie om ‘indifferent’ ten opsigte van alles te wees nie. Die genade of ‘grace’ van ‘indifference’ is in tye wanneer ons die wil van God soek. As ons ervaar ons het die antwoord op die besluit gevind, of God se wil gevind, is die uitnodiging om die antwoord met toewyding, integriteit te stap.

‘n Paar verdere gedagtes wat kan help tydens Geestelike Onderskeiding is:


  • Geestelike Onderskeiding verg selfkennis, innerlike stilte, en 'n bereidheid en vermoë om te besin oor ons innerlike lewe. Die ‘Examen’ help ons hiermee.

  • Ignatius se riglyne vir onderskeiding verskaf slegs 'n raamwerk, nie 'n nougesette program of waarborg tot sukses nie. Ons moet gereed wees om te improviseer en aan te pas, want God werk uniek in elkeen van ons. Dit is hoekom dit dikwels sou sin maak om Geestelike Onderskeiding met die hulp van 'n reisgenoot te onderneem.

  • Net soos ons gawes uniek is, so ook is ons sondeneigings - die slegte gees/ vyand kyk na elke aspek van ons geestelike lewe en waar ons die swakste en behoeftigste is, word ons ‘aangeval’ / versoek. Versoekings is nie sonde nie- slegs as ek instem tot versoekings verwyder dit my van die waarheid / God.

  • Tydens ‘desolation’ / verlatenheid mag ons voel dat God ons verlaat het maar God en God se genade is steeds met ons.

  • Gevoelens van skaamte (shame) kom byna altyd van die slegte, is vaag en lei ons weg van God en genade.

  • Die slegte gees is soos 'n bedorwe kind. As jy ferm is, sal dit opgee, maar as jy ingee word dit sterker.

  • Onderskeidingsvermoë verg oefening en tyd– soos om stadigaan 'n vaardigheid of taal aan te leer.

Om te begin ‘oefen’ kan ons sekere vrae oorweeg:

  • Wat is lewegewend in my lewe tans? Wat neem my weg van lewe?

  • Waarmee hou ek my meestal besig?

  • Waar gebeur hierdie dinge in my lewe, waar is ek kwesbaar? Waar trap ek in die strik?

  • Waar kry ek my betekenis van buite (ander, self) eerder as van God af?

  • Waar vergryp ek my, hoekom doen ek dit (wat is my werklike behoeftes?), hoe voel ek daarna?

  • Waar dien en gee ek wat nie van God is nie? Hoekom doen ek dit?

  • Waar tree ek nie op uit wie ek werklik is nie?


Soos ons al meer bewus raak en die ‘slegte’ leer herken in die maniere hoe dit spesifiek in my lewe afspeel, kan ons sê "O, ek sien, dit is JY! Ek gaan nie weer daarvoor val nie! En dan kan jy 'n beter keuse uit jou ware self maak.


Ont-leer


Die term “Die Here het vir my gesê…” het al baie pyn in mense se lewens veroorsaak. Lees maar 1 Konings 13:11-32 om te sien hoe misleidend en soms manipulerend selfs gesante van God kan wees. Selfs Paulus het gedink die Here lei hom, dan moes die Heilige Gees hom verhinder om dinge te doen! (Hand 16:6-7).


1. Onderskeiding is ‘n gawe van God staan altyd in diens van liefde vir God, jouself en ander. Gawes buite die liefde van God word dodelik en gevaarlik. Dink maar aan die ene Simon die towenaar wat so graag die gawe van tale in Handelinge 8:9-25 wou gehad het. My soeke na God se stem moet die soeke na liefde wees. Ons bly net mense en daar sal altyd ‘n sterk trek van die ego (ou mense of vlees as jy gemakliker is met Bybelse taal) ook in my onderskeiding wees.


2. Die opkoms van die individu en ons weet nie meer om saam besluite te neem nie. Hand 15: 1-35. Is ‘n model vir gesamentlike geloofsonderskeiding. Die onderskeidingsproses is nie ‘n besluit wat uitsluitlik op grond van jou emosie en ervarings geneem word nie en as individu geneem word nie. Soos ons genoem het is dit belangrik om ‘n ‘accountability partner’ (spirituele vriend, geloofsgemeenskap) te hê wat saam met jou die pad stap en saam kan luister en onderskei. Aan die einde moet jy rekenskap gee en hierdie praktiese vrae kan jou help met die finale besluit;


  • Hoe kan God die beste gedien word deur wat ek nou doen of kies ?

  • Watter impak sal hierdie keuse op ander hê en hoe sal dit ander help, ondersteun en nie net myself nie ?

  • Hoe sal my keuse 'n impak hê op die verbetering van die samelewing en die bou van my gemeenskap (familie) waar ek werk of bly ?

  • Hoe sou die toekoms deur my besluit beïnvloed word ?

  • Sal my keuse 'n uitwerking hê op die meer dringende en dringender behoeftes van ander ?

  • Hoe sal my keuse die samelewing en die armes of benadeeldes verander (vermenigvuldigingseffek) ?

  • Sal jou keuse net 'n uitwerking hê op die rykes en bevoorregtes of die benadeeldes? Sal jy meer soos Christus (Christ-like) word ? Sal jou keuse lei tot meer belangstelling om geld en materiële dinge te bekom of tot groter eenvoud van lewe en groter vryheid ?

Ons moet onthou dat ons besluite berus altyd op ons eie gedeeltelike begrip van die wil van God. Besluitneming word altyd deur tyd en ruimte beperk en net God ken al die moontlikhede in enige situasie. Die onderskeidingsproses waarborg nie dat jou besluit die gemaklikste uitkoms sal hê nie en verkeerde besluite is onvermydelik, daarom is dit belangrik dat ons moet vertrou dat Hy Sy reddings- en verlossingsplan sal aanpas by die grille van ons menslike keuses. Om saam met God in die besluit te loop wat jy geneem het.


Ont-moet

“But what is so utterly foreign to many is the experience of falling in love with God. Religion, for them, is an intellectual exercise rooted in the individual conscience, rather than a response to a God who holds out a hand to say, ‘Let’s have an adventure!”

Timothy M. Gallagher,

The Examen Prayer: Ignatian Wisdom for Our LivesToday


Ignatius se spiritualiteit behels die geloof dat Jesus Christus / God in alles teenwoordig is. In elke breukdeel van 'n sekonde, daar waar ek werk en leef, in elke atoom van materie. Dit is hier waarin die ‘Examen’-gebed gewortel is. Die daaglikse praktyk van die ‘Examen’-gebed is ‘n manier van bid. Dit help ons om terug te kyk na ons dag en daarop te reflekteer. Hierdie gebed help ons om ons geestelike oë en ore meer en meer oop te maak en so bewus te word van hoe God altyd aan die werk is in ons lewens. Vir Ignatius, net soos vir Moeder Theresa, is die Examen die belangrikste daaglikse geloofgewoonte om bewus te raak van waar ons lewe en binnewêreld met God ontmoet.


"Do not conform to the pattern of this world, but be transformed by the renewing of your mind. Then you will be able to test and approve what God’s will is—his good, pleasing and perfect will." Romans 12:2


Soos ons vroeër genoem het is die ‘Examen’ nie ’n gebed om jou gewete skoon te kry nie, die ‘Examen’ is ’n gebed van die bewussyn. Dit help ons om met geestelike oë en ore meer en meer oop te maak om te sien hoe God altyd aan die werk is in ons lewens. Om ‘mindful’ te lewe en God fyn dop te hou. Dit is ‘n gebed wat in die middel van die dag en aan die einde van die dag gedoen kan word.


“Ons leef vorentoe, maar ons verstaan agteruit”

Deense filosoof, Soren Kierkegaard


“We don’t learn from experience, but only from our reflection upon our experience”

Trevor Hudson

Jy is welkom om hierdie ‘Examen’ te doen:

Word stil en word bewus en weet dat God elke oomblik van jou dag in liefde na jou gekyk het. Wees bewus dat Hy teenwoordig was in alles wat jy ervaar het, gedoen het, elke gesprek en daad wat jy vandag gedoen het. Vra dat Hy sy lig oor jou dag sal skyn en dat julle sáám na jou dag deur sy liefdevolle oë kan kyk.


Gaan met dankbaarheid deur jou dag; jou gedagtes, woorde, dade, begeertes. Alles wat jy vandag ontvang het, ervaar het. Dit was alles geskenk van God. Moet dit nie oordeel nie, kyk net daarna.

Watter tye was vir jou lewegewend gewees, tye waar jy gevoel het jy na God gedraai het ? Wanneer het jy vandag na Sy stem geluister? Tye, oomblike wat lewegewend gevoel het soos ‘water wat op ‘n spons geval’.

Was daar tye, gesprekke of gebeure vandag waar jy gevoel het of dit soos ‘water op ‘n klip val of spat’. Tye waar die ‘eie ek’ in beheer was en dat jy weg van God gedraai het. Tye vandag wat moeilik was en waar jy meskein onwetend besluit het om nie Sy wil te volg nie.

Is daar miskien een gebeurtenis, emosie, daad wat vir jou uitstaan ?Dit kan ‘n oomblik wees wat goed was of wat moeilik was. Spandeer bietjie tyd daarmee.

Vra nou Sy genesing (transformasie) vir enige situasie of gebeurtenis.

Vra nou Sy vergifnis en genade vir enige situasie of gebeurtenis.

Vra vir die genade of ‘gift’ wat jy vir môre begeer.


Jesus, help my om elke dag bewus te wees van U teenwoordigheid by my in my lewe.....


Amen

Jy mag dalk een of twee dinge later wil neerskryf om jou te help onthou hoe jy Hom beleef het in jou dag. Jy kan ook prente of simbole gebruik om jou aan hierdie boodskappe te herinner.




Lees

Boeke

  • What is your Decision? How to Make Choices with Clarity and Confidence ( J. Michael Sparough, Jim Manney, and Tim Hipskind)

  • Discovering God’s Will for your life. (Trevor Hudson)

  • Man search for Meaning (Vicktor E. Franklin)

  • Discernment of Spirits: An Ignatian Guide for Everyday Living ( Timothy M. Gallagher)

  • Discovering your personal Vocation: The Search for Meaning through the Spiritual Exercises (Herbert Alphonso, Sheila Fabricant Linn)

  • God’s Voice Within: The Ignatius Way to Discover God’s Will– (Father Mark E. Thibodeaux SJ, James Martin SJ)

  • The Way of Discernment: Spiritual Practices for Decision Making ( Elizabeth Liebert)

  • ‘What’s your Decision? How to make Choices with Confidence and Clarity: An Ignatian Approach to Decision Making’ Father J Michael Sparough SJ, Jim Manney

  • God's Voice Within: The Ignatian Way to Discover God's Will ( Fr. Mark Thibodeaux, S.J.)

Artikel:

Invia Geloofgewoontes : Examen Geloofgewoonte


 

Luister

Kyk

Ervaar





bottom of page