top of page

Waar Is My Lewe Heen?: Gemoedsversteurings


In ‘n samelewing waar 1 uit 5 mense aan ‘n gemoedsversteuring lei raak dit al hoe meer belangrik om daaroor te praat, om die donkerte uit die donker te bring. Ek self stoei al meeste van my volwasse lewe met die swart hond, soos Winston Churchill sy depressie gedoop het.


Dit is moeilik om oor gemoedsversteurings, en veral depressie, te praat in ‘n Christelike konteks juis omdat ons geloof so groot waarde op vreugde plaas. Dit word selfs gelys as een van die vrugte van die Gees.


“Smile, Jesus loves you!”, was altyd vir soos ‘n aanklag. Hoe pas my gemoedstoestand in my spiritualiteit in, is ek veronderstel om die heeltyd gelukkig te wees, doen ek dan iets verkeerd?


Gelukkig is daar troosting in die bybel teks, ek is darem nie die enigste een wat stoei nie.


“Die swaarkry het vir my te veel geword:

ek vat al aan die doderyk,

5ek staan al met die een voet in die graf,

ek het geen krag meer nie.

6Dit is asof ek al tussen die dooies is,

tussen dié wat gesneuwel het en in hulle grafte lê”

Psalm 88:4-6


Natuurlik is daar ‘n groot verskil tussen depressief wees, en aan depressie lei, maar die vraag bly steeds hoe gaan ons om met gemoedsteurings in ons spiritualiteit?

Ek glo dat daar ‘n geskenk is wat donkertye vir ons eie formasie kan bring, indien ons dit toelaat en nie onnodig wegskram nie.


Donkertye bring diepte vir die siel. Terwyl hy in die tronk in ‘n diep depressie skryf Oscar Wilde, “The final mystery is oneself. When one has weighed the sun in the balance, and measured the steps of the moon, and mapped out the seven heavens star by star, there still remains oneself. Who can calculate the orbit of his own soul?”


Die mens is nie een dimensioneel nie en is nie veronderstel om te wees nie. As ons vol mense wil wees en word dan moet ons alle aspekte van ons gemoed toe laat. Ons moet eintlik meer as net toelaat, ons moet van hierdie swart honde af leer.


Kom kuier Sondag 17:00 saam by Invia Kaapstad, 2 Derry rd, Rondebosch.


bottom of page