top of page

Waar is God... wanneer die lewe onregverdig is?



Aan die hange van Stellenboschberg is daar 'n paar murasies. Teen een van die murasies is daar geverf: “Die Here se dice val anders.” Dit het my dadelik aan Adam Smal se gedig “Die Here het gaskommel’’ laat dink waarin hy sê dat “die dice het verkeerd geval vi’ ons, daai’s maar al”.  ‘n Mens raak sommer hartseer as jy dit lees of hoor en binne sy konteks kan 'n mens verstaan waarom hy so voel. Maar ek het 'n paar keer gewonder wie het dit geverf en ook gewonder hoe die dice dalk verkeerd vir die persoon geval het.

Op een of ander tyd in ons lewe gaan die dice só val dat jy voel die is lewe onregverdig. Grendeltyd het hierdie realiteit baie naby aan ons gebring.

Al die beloftes soos “meer as oorwinnaar”, “tot alles in staat”, “hoopvolle toekoms” en nog baie meer, het nie noodwendig in grendeltyd vir my iets beteken nie. In die Bybel is daar egter 'n verhaal wat ons wel kan help wannneer ons so voel. Dit is die oudste broer in die gelykenis van die Verlore Seun. Jesus vertel 'n reeks stories oor verlorenheid en 'n beter benaming vir die gelykenis kon wees: “Die Verlore Seuns”.

Die ouer broer lament een van die oudste lamente op hierdie aarde: Die lewe is onregverdig. In die boek Job is daar 28 hoofstukke wat probeer antwoorde gee oor die onregverdigheid van die lewe. Die ouer broer sou almal geglo het. Maar nie Job nie. Hy vra eerder vir hulle vrae soos wie help hulle om te praat, en waar het hulle die goed gehoor? Hy ontbloot 'n fundamentele probleem in hulle denke.

Die verhaal van die verlore oudste broer is belangrik, want dit is reeds sy reaksie op die lewe (net soos Job se vrinne) wat hom verlore maak! Ons gesels Sondag oor wat ons kan doen wanneer die lewe onregverdig is. Ons word uitgenooi om nie net met ons koppe die onregverdigheid van die lewe aan te spreek nie, maar ook met ons harte. Henri Nouwen sê dit mooi:

The great challenge is living your wounds through instead of thinking them through. It is better to cry than to worry, better to feel your wounds deeply than to understand them, better to let them enter your silence than to talk about them. The choice you face constantly is whether you are taking your hurts to your head or your heart. In your head you can analyse them, find their causes and consequences, and coin words to speak and write about them. But no final healing is likely to come from that source. You need to let your wounds go down into your heart. Then you can live them through and discover that they will not destroy you. Your heart is greater than your wounds.”


Geskryf deur Theo Geyser



bottom of page