1 Tim 6:10 -17
Ek hoor ‘n tyd gelede dat iemand kla omdat hy te min by sy huisie by die see uitkom. Of jy nou ‘n plekkie by see het of nie, die meeste van ons voel dat daar plekke of mense is by wie ons nie kan uitkom nie. Daar is baie goed wat ons dood eenvoudig nie kan nie geniet nie, bloot omdat ons net nie daar en teenwoordig is nie.
‘n Sonsondergang of koffie met ‘n geliefde.
Die voëls wat vlieg.
Die luister na die see en berge se stilte.
Die kuier of oproep wat die wêreld sal beteken vir iemand wat dit nodig het.
Of geduld met mense wat my irriteer.
Die lokaas van #thegoodlife help ook nie met hierdie rusteloosheid nie. Instagram en Facebook herinner jou aan die vakansies, wyn, eksotiese plekke, en al die ander avonture wat jy ook nie voor beskore is nie.
Ek dink aan TS Eliot se woorde:
“Where is the soul we have lost in the living?”
Ons kan die wêreld wen maar nie tyd en aandag gee aan die wêreld wat ons verower het nie. Dan bly ek 'n gevangenis van my eie trofees. Die trofees van die lewe kos geld en iemand moet ook betaal vir my dors om hierdie lewe ten volle te geniet.
Paulus probeer hierdie probleem aan 'n jong Timotheus te verduidelik deur hom bewus te maak van hoe maklik die liefde vir die lewe verwar kan word met die liefde van God. Hy dink aan liefde as 'n wortelstelsel. Die wortels van 'n boom neem die voedingswaarde uit die grond en bepaal die kwaliteit van die boom. Soms is die wortels van die #thegoodlife reeds dit wat my vergiftig en 'n gevangene hou.
Die Ryk Jongman moes 'n verpletterende les leer dat sy liefde vir die wet en God in die verkeerde wortelstelsel was.
Indien ons God nie in die gewone kry sal ons altyd die buitengewone moet soek om gelukkig te wees. Thomas Merton skryf in sy dagboek die volgende:
“Today I am in solitude because at this moment it is enough to be, in an ordinary human mode, with one’s hunger and sleep, one’s cold and warmth, rising and going to bed. Putting on blankets and taking them off, making coffee and then drinking it. Defrosting the refrigerator, reading, meditating, working, praying. I live as my ancestors lived on this earth, until eventually I die. Amen. There is no need to make an assertion about my life, especially so about it as mine … “
Timotheus moes leer dat God alles gee, en wanneer ek nie meer die eienaar van my lewe is nie, maar wel slegs die bestuurder, is ek waarlik vry om die gawe van die lewe ook met ander te deel en sonder gebalde vuiste te leef.
“Ons siel het vrygeraak soos ‘n voël uit die vangnet van die voëlvangers; die vangnet is gebreek, en ons, ons het vrygeraak. Ons hulp is in die Naam van die HERE wat hemel en aarde gemaak het “ Psalm 124:6-8
"True charity is not simply giving things away but emptying oneself of the illusion of self-sufficiency and recognizing our deep interdependence." H Nouwen
"The greatest gift we can give another is the gift of our presence." Parker Palmer
Theo Geyser