Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.
1 Joh 4:7-18
In die skemer van ons voorvaders se wysheid lê daar 'n kosbare verhaal wat die Khoisan-mense aan hul kinders vertel – 'n verhaal wat paradoks van vrees en liefde binne ons uitbeeld.
Die verhaal begin, toe die Maan 'n Haas na die aarde gestuur het met 'n kosbare boodskap van hoop: "Soos wat ek, die Maan, verdwyn en sterf en weer opkom en leef, so sal julle ook sterf en weer leef." Maar die Haas, oorweldig deur vrees en uitputting, het die boodskap verdraai en gesê: "Soos die Maan, verdwyn en sterf en weer opkom en leef, so sal julle ook sterf en nie weer leef nie!" Die Maan het kwaad geword, ‘n stok geneem en die Haas op die lip geslaan.
Daarom leef hase vandag met ‘n met ‘n gesplete lip.
Die storie leer ons dat die Maan gee om vir die mense van die aarde en kan lig in die donker bring. Die Haas verteenwoordig die mens wat maklik deur vrees oorweldig word en die gesplete lip is die prys wat ons betaal om met vrees te leef.
Die gespletenheid is die paradoks binne ons van die weerstand wat vrees teen die liefde het.
Gerald May die bekende psigiater sê dat "Ons almal verlang na die liefde maar vrees dit." In Petrus sien ons hierdie tweespalt kristalhelder. Hy, die een wat so gretig was om naby aan Jesus te wees, struikel oor sy eie weerstand wanneer Jesus sy voete wil was. Die intieme aanraking van goddelike liefde oorweld hom, en hy weier die liefde wat God aan hom wil gee.
Ongelukkig is hierdie weerstand baie keer onbewustelik.
Soos Jakob wat met ‘n engel worstel sonder om te weet dat hy teen die liefde veg. Eers toe hy oorweldig word deur die liefde, verander sy naam na Israel. Hy oorwin die gedeelte of split binne hom (Jakob) en herstel die liefde met ander waarna hy so gesmag het.
"What can we gain by sailing to the moon if we are not able to cross the abyss that separates us from ourselves?"
Thomas Merton
“He says, there’s 3 kinds of souls and three prayers. First prayer: I am a bowl in your hands Lord, draw me, lest I rot. Second prayer: “Do not overdraw me Lord, I shall break.” And Third prayer: Overdraw me Lord, who cares if I break?”
Nikos Kazantzakis
Theo Geyser