top of page

stilte is lof, magteloosheid is krag


Geskryf deur Frieda van den Heever


Ons is van klein af gekondisioneer volgens die waarde: "Moenie net daar sit nie, doen iets!"

So terwyl die wêreld in nood is, gaan dit teen al my instinkte in om by die huis te wees, om nêrens heen te kan gaan nie, om niks te kan "fix" of regmaak of beter of makliker maak behalwe my onmiddellike omgewing en my naastes nie. (Of party van ons kom agter dat dit veel makliker is om die hele wêreld te probeer red as wat dit is om ons lewensmaat of ons kinders of - God behoed ons - onsself! te probeer red.)

Ons hoor dit, maar dis bitter moeilik om dit te erken, te herken, te verken:

and then the whole world

walked inside and shut their doors

and said we would stop it all. everything.

to protect our weaker ones

and sick ones. our older ones.

and nothing. nothing in the history of humankind

ever felt more like love than this.

In die arena wat ons dikwels afbaken vir godsdiens (miskien een keer 'n week, op 'n Sondag, of wanneer ons dalk tyd kry vir stiltyd, onthou ons wat ons in die Kinderkrans geleer het, of hoor in 'n preek: "As ek swak is, is ek sterk," (ala Paulus) maar dis uiteraard nie geskryf vir die regte lewe - die een waar ek my elke dag bevind en moet besluite maak en geld maak en waar net die sterkstes oorleef nie. Is dit?

Ek dink "magteloos" is 'n beter vertaling vir die woord "swak". As ek magteloos voel, nie in beheer is nie, diep bewus is van my verganklikheid, kwesbaar is, is daar ruimte vir God om te wéés.

Een van die Hebreeuse woorde vir stilte is dumiyya. Dit beteken nie net die afwesigheid van klank nie, maar om te wag, om te rus, om uit te rus, om te vertrou. Die woord kom net 'n paar keer in die Bybel voor, en net in die Psalms en in meeste vertalings het dit verdwyn. Ps. 65:1 is een van hierdie kere en jy sal dit in min vertalings aantref, so asof die vertalers - soos ek en jy - ook gedink het, "Dit moet 'n fout wees, dit kan nie wees nie!" Want die Ortodokse Joodse vertaling lees: "To you, silence is praise, O God in Zion: and unto You shall the vow be fulfilled."

Die Afrikaanse vertaling wat ek voor my het, sê: "Aan U kom 'n lofsang toe, o God, en aan U moet die gelofte betaal word." Nie 'n woord oor stilte nie. Die Amplified-vertaling en die MSG-vertaling het darem iets van die oorspronklike behou en lees so:

Ps. 65:1 AMP

To You belongs silence [the submissive wonder of reverence],

and [it bursts into] praise in Zion, O God; And to You the vow shall be performed.

Ps. 65:1 MSG

Silence is praise to you, Zion-dwelling God, and also obedience. You hear the prayer in it all.

'n Rabbi wat in die middeleeue geleef het, se kommentaar op hierdie vers: "The praises of infinite God can never be exhausted. Silence is his most eloquent praise, since elaboration must leave glaring omissions."


So in ons stilte, word God geprys. In ons magteloosheid, word Sy krag geopenbaar. Abraham Heschel beskryf dit vir my so treffend:


"What the word can no longer yield, man achieves through the fullness of his powerlessness. The deeper the need in which one is placed through this powerlessness, the more does man reveal himself in his essence, and himself becomes expression. Prayer is more than communication, and man is more than the word. Should we feel ashamed by our inability to utter what we bear in our hearts? GOD LOVES WHAT IS LEFT OVER AT THE BOTTOM OF THE HEART AND CANNOT BE EXPRESSED IN WORDS … The unutterable surplus of what we feel, the sentiments that we are unable to put into words are our offer in kind to God."

Oefening:


Was vandag jou hande elke keer in stilte. Skenk al jou aandag aan hierdie eenvoudige gebaar. As 'n teken van aanbidding en gehoorsaamheid. Weet dat God in jou stilte geloof word. Dat die oorgawe van jou hande - die fisiese simbool van jou wat iets wil doen, dinge wil regmaak, mense wil aanraak - 'n sakrament kan wees van die oorgawe van jouself. Laat dit 'n betekenisvolle gebaar word in hierdie tyd en daarna - veel meer as om "Happy Birthday" twee keer te sing om die 20 sekondes af te tel.

Ons kan hierdie oefening ook saam met ons kinders doen en voor die tyd verduidelik:

Draai die kraan oop en beskou die water as 'n simbool van God se teenwoordigheid.

Draai nou die kraan toe en sien hoe die water steeds op jou hande is, hoe jou hande nog nat is.

Begin nou die seep smeer. Sien hoe dit meng met die water en hoe jou vingers die vermoë het om die seep oral te smeer.

Kyk na jou hande. Wat sien jy?

Dink jy jou hande kan 'n liedjie sing, terwyl jy stilbly?

Hoe sou die liedjie klink wat jou hande sing?

Herhaalgebed:

Ek is sonder woorde en sonder mag.

Aan U behoort die wonder en die krag.

bottom of page