Rabbi Harold Kushner het jare gelede 'n blitsverkoper geskryf getiteld “When Bad Things Happen to Good People.” Hy het moderne woorde gegee aan 'n konsep wat reeds sedert die Middeleeue bespreek word: die "Donker Nag van die Siel." Hierdie term dui nie slegs op mense wat een of ander ramp beleef nie; dit is eerder 'n fase in die ontwikkeling van jou siel. Soos die seisoene, kom die winter en kan dit soms lank duur voordat die somer aanbreek.
Die vraag ontstaan: Hoe kry ek betekenis uit iets wat skynbaar geen betekenis het nie? Die siel floreer slegs wanneer daar betekenis is. Jy mag dalk die wêreld verower, maar as daar geen betekenis in daardie verowering is nie, sal jou siel daarteen protesteer.
Wat gebeur as jou siel nie meer betekenis vind nie?
As ek my siel verloor, hoe kry ek dit weer terug?
Sondag gesels ons oor die gawe van die "Donker Nag van die Siel." Die Psalms, Jesus se lewe, en die lewens van geloofshelde leer ons wat om te doen in sulke tye. Wat gebeur tydens 'n "Donker Nag van die Siel" is dat ons geestelike brandstof opraak. Die godsdienstige ervarings wat ons eens onderhou het en ons ywer gegee het, verdwyn of word op 'n manier gekruisig, wat ons sonder enige verbeeldingryke, affektiewe of emosionele gevoel van God se liefde of bestaan laat.
Die "Donker Nag van die Siel" is presies die begin van ware geloof.
In daardie duisternis, wanneer ons niks oor het nie, wanneer ons voel daar is geen God nie, kan God begin om op 'n suiwer manier in ons in te vloei. Omdat ons innerlike godsdienstige vermoëns verlam is, kan ons nie langer ons ervaring van God manipuleer, vervals, onsself daarin projekteer, of dit gebruik om goddelike toestemming vir ons eie dade te rasionaliseer nie.
Ware geloof begin presies op die punt waar ons ateïstiese kritici dink dit eindig: in duisternis en leegheid, in godsdienstige impotensie, in ons magteloosheid om te beïnvloed hoe God ons diepste wese ontmoet.
Lees gerus Ps 42.
Sweet Darkness
When your eyes are tired
the world is tired also.
When your vision has gone,
no part of the world can find you.
Time to go into the dark
where the night has eyes
to recognize its own.
There you can be sure
you are not beyond love.
The dark will be your home
tonight.
The night will give you a horizon
further than you can see.
You must learn one thing.
The world was made to be free in.
Give up all the other worlds
except the one to which you belong.
Sometimes it takes darkness and the sweet
confinement of your aloneness
to learn
anything or anyone
that does not bring you alive
is too small for you.
David Whyte
Geskryf deur Theo Geyser