top of page

Salig is die... vredemakers



Het jy al gewonder waarom die wêreld nie vinniger 'n beter en veiliger plek word nie? Met al ons kennis, tegnologie, en begrip van die mens se skadukant, behoort daar tog meer vooruitsigte van vrede te wees. Die voortdurende bloedvergieting (en die moontlikheid van kernbomaanvalle) in Oekraïne en die Midde-Ooste herinner ons aan die donkerste donker wat in die mens se psige ongesluit lê.

 

Vrede was die kernboodskap van Jesus en waarop ons lewe gebou moet word. Hy praat 42 keer oor vrede en kom uit ‘n tradisie waar dit meer as 400 keer in Ou Testament genoem word. Die een woord vir vrede beteken letterlik “to repair the world” en by Jesus is daar geen twyfel dat dit moontlik is en dat die wêreld in harmonie kan leef.

 

Waarom voel dit dan so onmoontlik?

 

Jakobus gee jou ‘n venster op hierdie probleem as hy vra: Waar kom al die oorloë en gevegte onder julle vandaan? Kom dit nie van julle begeertes, wat in julle ledemate oorlog voer nie?” Jak 4:1. Dit is een ding om te vra waaroor gaan die baklei en onmin, dit is iets anders om te vra: Waar kom dit vandaan? Jakobus antwoord ook sommer die vraag en leer dat daar geen vrede buitekant kan bestaan as ons nie innerlike vrede ervaar nie.

 

‘n Beeld wat ons kan help om dit verstaan is ‘n tornado of orkaan.

 

Dit voel dalk soos die teenoorgestelde van vrede maar nie baie mense weet dat dit in die middel van ‘n orkaan doodstil is nie. Dit word die oog van die storm genoem. Vrede is nie die afwesigheid van die warrelwinde nie, maar die teenwoordigheid van kern of die oog wat aan ons die vrede skenk.

 

Binne ‘n Joodse verstaan beteken shalom dat jou liggaam, siel, denke en gees in harmonie sal wees. Dit help om te verstaan wat ware vrede is. Soms sukkel ons kop om met die gevoelens te leef wat vaskleef in ons liggaam. Of, soms die uitnodiging van die hart wat die emosies nie kan duld nie. Vrede lê buite die kader van logika en gaan die “verstand ten bowe” (Fil 4:7).

 

Ons kry vrede in die “oog,” die plek waar God dit gee.

 

“And let the peace (soul harmony which comes) from Christ

 rule (act as umpire continually) in your hearts

deciding and settling with finality all questions that arise in your minds,

in that peaceful state.

Col 3:15 (AMP)



Theo Geyser

bottom of page