top of page

Protesmusiek: Die Bybel is vol van hierdie omkrap liedjies


Getty Images/Ringer illustration)

Op Kersdag, 25 Desember 1985 skryf Michael Parker ‘n stuk in die Los Angeles Times: met die titel: “South Africa City Cracks Down on Christmas : Caroling Banned as ‘Emotional’; Church Services Restricted. Dit klink so onwerklik as jy so iets vandag lees! Kersliedere is in die swart en gekleurde gebiede verbied, en kerke wat tradisionele kersligdienste wou hou, moes spesiale permitte bekom, die soort wat jy moes kry vir politieke byeenkomste.


Hoekom bang vir Kersliedjies en kerse? 


Brigadier Blackie Swart het traangas en swepe gebruik om mense in publieke plekke en kerke te verjaag. Die kerse was glo revolusionêre simbole en die musiek het mense emosioneel opsweep.


Die ou brigadier se gutfeel was reg en seker besef die musiek kan lol met sy politieke oortuigings. Musiek beweeg ons wanneer eerlikheid en waarheid aan die note kleef (en daarvoor het jy nie ‘n Bybelvers of gospel nodig nie). 


Maria se loflied kon haar lewe kos. 


Die Bybel is vol van hierdie omkrap liedjies. Vra maar vir Saul toe die vroue lostrek in 1 Sam 18. In Jes 42 vra God dat Israel ‘n nuwe lied moet sing. Die versoek is om oor ‘n nuwe historiese realiteit te sing en Babilon onwettig te verklaar. Onthou jy waar die profeet Amos dit verloor het en vra dat Israel moet ophou om hulle aanbiddingsliedere te sing?  “Away with the noise of your songs! / I've had all I can take of your noisy ego-music. When was the last time you sang to me?” Amos 5:23 (Msg)


Hierdie gedeeltes in die Bybel is ‘n enorme uitnodiging om te dink oor wat ons sing, en ook te sing wat ons regtig dink! 


Goedvoel liedjies oor blommetjies, tjoklits en rugby is seker ook nodig maar dit gaan nie die regte emosie en hart bring om dinge te verander wat brood nodig is nie. Protesmusiek uit die regte hart is 'n kragtige middel vir verandering en 'n bron van hoop vir die toekoms. 


Die afgetrede proffie, Walter Brueggeman sê dit mooi: “Singing threatens the status quo when sung properly. We sing what we cannot say. When we say and do not sing, we end in despair that leads to violence and death.”


Lees gerus sy boek: “A Glad Obedience: Why and What We Sing.”


Hier is jou uitnodiging: 


Bevraagteken die status quo en protesteer! Dis presies wat ons gaan doen deur WINDE VAN VERANDERING - ‘n aand van inspirerende (en lewendige!) protesmusiek. Pink Floyd. Bob Dylan. Johnny Cash. Johannes Kerkorrel. Deon Meiring. Frieda van den Heever, om maar ‘n paar te noem. 


Kom beleef hierdie gesellige en onvergeetlike musiekgeleentheid, aangebied deur die talentvolle musikante van Invia Gemeente. Ons gaan darem nie net protesteer nie, maar ook heerlik saam kuier, eet en iets drink. Dit alles, ten bate van musiekterapie vir die Kinderhuise waar Invia betrokke is.


Kom maak jou stem dik en wees deel van hierdie unieke ervaring wat jou hart en voete sal roer.


Kry jou kaartjies nou voor dit uitverkoop, hier.



Deur Theo Geyser

bottom of page