top of page

Ontevrede op aarde



Die “Vrede op aarde” wat ons so dikwels lees en sing met Kerstyd, was eintlik eers die Romeinse Ryk se bumper sticker. Met ander woorde – Jesus se koms gaan doelbewus gepaard met dieselfde woorde. “Vrede op aarde? Dit het ons mos nou al klaar,” is dalk die soort reaksie wat mense hierop sou hê in daardie tyd.


As hierdie slagspreuk met Jesus se geboorte iets anders wou sê, dan het dit eerstens geïmpliseer dat dit dalk nie so wys was om tevrede te wees met die heersende “vrede” van die tyd nie.


Die Kersverhaal is nogal bevredigend in terme van opwinding en inhoud, dis selfs relatable met road trips, politiek, teenage pregnancy, profesie. Dis egter nie bevredigend in die sin dat almal daarin hulle sin kry nie.


Dis dalk hoekom ek elke keer wat ek dit hoor weer sukkel om presies te besef waar dit inpas.



“Into this world, this demented inn, in which there is absolutely no room for him at all, Christ comes uninvited.”



So sê Thomas Merton en dan wonder ek waarheen in my lewe van road trips, belasting, begeertes en behoeftes is Jesus op pad, ongenooid?


Vrolik en vol vreugde soos wat Advent en Kersfees tereg is, so nederig is dit ook. Die seun van die God wat die heelal maak, in die skoot van ’n aardse ma.


”The story of Jesus does not enable us to stretch ourselves up to God; it declares that God has come down to us, to meet us in our dust and ashes.” – N.T. Wright


Dis die dust and ashes waarmee ek dikwels ontevrede is, maar dis waarheen die Vredemaker op pad is. Jesaja 61 praat van ’n tuin – die stof, en puin – die as. Ongenooid of nie, Christus ontmoet ons hier.



- Deon Meiring

bottom of page