top of page

Ons praat in (hospi)tale




God utters me like a word containing a partial thought of Himself.

A word will never be able to comprehend the voice that utters it.

But if I am true to the concept that God utters in me, if I am true to the thought of Him I was meant to embody, I shall be full of His actuality and find Him everywhere in myself, and find myself nowhere. I shall be lost in Him: that is, I shall find myself. I shall be “saved”.


Thomas Merton


Ek lees hierdie woorde van Merton so gereeld dat ek dit amper kan opsê soos ‘n Bybelversie. Omdat ek weet presies wat dit beteken? Nee, glad nie. Die siel in die sinne. Dat dit so vol siel is. 


David Whyte het verskillende maniere om die siel te (probeer) beskryf: die beeld waarmee jy gebore is; die klein, helder, onbeskryflike wiggie van vryheid in jou eie hart; die een lewe wat jy jou eie kan noem, die een reël wat reeds binne-in jou geskryf is …


Aan die een kant:

The soul is a planner’s nightmare, the career counselor’s central puzzle, the biographer’s conundrum, the saboteur of the puritanical and the unimaginative; an internal abiding spring that is both a source and a flow: an internal stranger at the door of our outer life about to break everything apart; a pilgrim often suddenly more in love with the horizon than its home; and most disturbingly, someone who would much rather fail spectacularly at their own life than succeed drably at someone else’s.


En aan die ander kant:

What is running your life at any given moment is your soul. Not external circumstances, not your thoughts, not your intentions, not even your feelings, but your soul. The soul is that aspect of your whole being that correlates, integrates, and enlivens everything going on in the various dimensions of the self. The soul is the life center of human beings. 

Your soul is what integrates your will (your intentions), your mind (your thoughts and feelings, your values and conscience), and your body (your face, body language, and actions) into a single life. A soul is healthy — well-ordered — when there is harmony between these three entities and God’s intent for all creation. When you are connected with God and other people in life, you have a healthy soul. 

Dallas Willard


Ek is nie geïnteresseerd daarin om menswees wetenskaplik te dissekteer of te bevind hoeveel die siel weeg nie (het iemand gesê: 21 g?) – so asof ons kan – maar dit maak vir my klein koppie sin dat die gees wil sweef (soos ‘n arend) – dinge te bowe kom, transendeer – hoër, hoër. Die siel is taaier, klewerig – dit wil verbande trek en aan goed vaskleef. Dit wil connect. Die Velcro van die siel is wat Jesus “hunkering” genoem het. Die siel is wat al ons binnedele met mekaar verbind, hulle met God verbind en wat gemaak is vir harmonie. Die psalmdigter skryf in Ps. 103: “Loof die Here, o my siel, en alles wat binne-in my is …” Dis my siel wat “alles wat binne-in my is" verbind en wat uitroep na integrasie, na heelheid, na eenwording, na harmonie. En dit kan net gebeur as my siel – my hele lewe – verbind is aan God.


Maar wat as iemand van hulle sinne beroof is? As die ma wat jy jou hele lewe lank geken het, nie meer lyk of sy iewers binne-in die dop is wat voor jou sit nie? As iemand alles vergeet het? As iemand aan dimensie ly of Alzheimers-siekte, om maar net ‘n paar te noem?


In my ma se kant van ons familie raak die vroue óf ouer as honderd of hulle word afgetakel deur Alzheimers (om nou wild te veralgemeen). My geliefde tannie is ‘n maand terug oorlede aan lg. en my pa het hierdie vraag bedink by haar roudiens:

Kan die mens tot sielloosheid afgetakel word?  


Hy het verder gegaan:


Ek gebruik die woord ”sielloosheid” omdat Oliver Sacks, die neuroloog en skrywer van o.a. The Man who Mistook his Wife for a Hat wonder of Jimmy, een van sy pasiënte, ontsield is deur sy siekte. Hy vra dan ook pertinent vir die nonne, “Do you think he has a soul?” waarop hulle ergerlik antwoord: “Watch Jimmy in chapel and judge for yourself.” Hy doen dit dan ook en wat hy waarneem as Jimmy deelneem aan die Mis, laat hom verwonderd opmerk: hier is nie geheueverlies nie, hier is nie Korsakov-sindroom nie…die susters was reg, “he did find his soul here.” Hy haal dan Alexander Luria, die Russiese neuropsigoloog, aan: ”A man does not consist of memory alone. He has feeling, will, sensibility, moral being…It is here…”  


Wat jy sien en dalk aflei is nie alles nie. Daar is meer as wat jy dink jy sien.


Dit maak egter nie van die aftakeling en einde eensklaps `n beleefde wins nie. Soos Elisabeth Eybers kan jy tog `n weersin hê teen en `n verslaendheid oor die verlies van `n unieke, onvervangbare mens.  


In haar Sonette aan F. praat sy van                                                                            

“…worstelende gedagtes wat hulle stram                                        

en pynlik aanpas by jou nie-meer-wees…”                                               

en later :                                                                                              

“Dit maak `n mens weersinnig en verslae                                         

 dat iets so trots en vonkelend soos jou gees                              

geblus kan word en ophou om te wees.”   



My pa het Ps. 73:26 as teksvers gebruik:


“My liggaam en my hart kan maar wegkwyn, God is die rots van my hart en my erfdeel vir altyd.” ( 2020-Vertaling)

 “Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte, aan Hom behoort ek vir altyd.” (1983-Vertaling)


Kan Dallas Willard se woorde waar wees?


Greatness of soul is available to people who do not have the luxury of being ecstatic about the condition and appearance of their bodies. 


Ek is in my hoërskooljare in die mid-90’s opgeneem in die hospitaal se psigiatriese eenheid met depressie en ek sal nooit vergeet hoe iemand my gebel het en gevra het of dit waar is dat ek in die “looney bin” is” nie? Ek het gaan opsoek wat presies dit beteken en op die woord “asylum” afgekom. Ek was mal oor die woord, nie net oor dit beter geklink het as “looney bin” nie; oor die voel en tekstuur en siel daarvan. Asiel … ‘n Inrigting vir bewaring of genesing van persone soos blindes, dowes, alkoholiste, dwelmverslaafdes en kranksinniges, maar die nog beter betekenis: toevlug, toevlugsoord, place of refuge, sanctuary rots


My pa sê ‘n psalm is ‘n psalm, nie ‘n verweerskrif nie en ‘n psalm moet eerder ter sprake (of ter singe) kom as bespreek word, maar dan gaan hy tog voort:


“God is die rots…” is natuurlik `n metafoor en daarom  moet  die volgende  in gedagte gehou word: Die diepste motivering vir die gebruik van `n metafoor is nie taalversiering nie, maar betekenisstigting. `n Metafoor stig nuwe betekenis, omdat die gebruiker tot `n nuwe verstaan van homself en sy werklikheid gekom het. Die metafoor bemiddel dit. Daarom is dit as sodanig veelbetekenend en enige letterlike parafrase van `n metafoor is dus betekenisverarmend.  


Tallie van den Heever


Aristoteles het gesê die siel kan nie dink sonder ‘n prentjie (of ‘n metafoor) nie. 


My pa praat verder oor my tannie, ‘n vlymskerp wiskundige en vonkelende gees, voor haar aftakeling:


God die rots van haar hart beteken dan ook: As sy vergeet, sink sy nie in die vergetelheid weg nie. Sy hou nie op om te wees as die denkprosesse stol nie. Sy ís tog nie, omdat sy dink, soos wat Descartes (nog `n ander wiskundige) gereken het nie. Sy is, omdat God haar gedink het, haar opgetel het, aan haar dink.  


Die Rots is daar waar die golwe breek.  


… ek dog as hy ‘n tele-evangelis was, het hy die mic net daar laat drop


maar hy “Uit U en deur U en tot U is alle dinge” en ek glimlag in my binneste toe ek onthou hoe ek kort voor my ouma se dood vir haar gevra het hoe sy voel en sy antwoord, “Ek juk tot in my siel.” Toe ek vra waar, toe antwoord sy geïrriteerd, “Maar my siel - daar waar ek nie kan bykom nie, anders sou ek mos krap.”


En toe onthou ek die ander betekenis van “asylym” wat ek in die looney bin geleer het: “onaantasbare plek”. Slim ouma, slim. Selfs toe jou gedagtes begin dwaal het, hy God presies geweet waar jy is. 


Die siel praat in (hospi)tale.



Blessing of memory


You were born

remembering a blessing.


It has never 

not been with you,

weaving itself daily

through the threads of

each story, each dream, 

each word you spoke

or received,

everything you hoped,

each person you loved,

all that you lost

with astonishing sorrow,

all that you welcomed with

unimagined joy.


I tell you,

you bear this blessing 

in your bones.


But if the day should come

when you can no longer

bring this blessing

to mind,

we will hold it

for you.

We will remember it

for you.


And when

the time comes,

we will breathe

this blessing to you

at the last,

as you are gathered

into the place

where all that

has been lost

finds its way back

to you,

where all memory

returns to you,

where you know yourself

unforgotten

and entirely welcomed

home.


Jan Richardson


Frieda van den Heever





bottom of page