top of page

MIN of MEER?



Hoekom wil kinders hê dat dat ons na hulle moet kyk? As niemand kyk nie dan voel hulle nie belangrik nie. Dan dink ek ook dat daar seker ‘n behoefte is om van iemand groter as jy of 'n outoriteitsfiguur die erkenning kry dat dinge is soos wat dit werklik is.

Hier is vir jou ‘n metafoor om aan te dink: Newton se wieg. Dit is ‘n wiegie of raampie met 5 balletjies aan lyntjies en as jy die een momentum gee en hom steen die ander laat bots, skiet die laaste balletjie uit en die 3 middelste balletjies staan tjoepstil. As kind het dit my brein geblaas. Wat ek wel nooit kon verstaan het nie was hoekom stamp die een balletjie nie die ander 4 vorentoe nie? Of, indien hulle te swaar is, hoekom bots die ligte balletjie dan nie aanhoudene teen hulle nie? Geleerdes sal vir jou sê dat dit gaan oor die behoud van momentum en energie. Kinetiese energie dra die momentum van die een bal, deur die drie stilstaande balletjies wat dan die laaste een weer laat uitskiet.

Ons lewe werk so. Daar is iets rotsvas binne jou wat nie beweeg kan word nie. Dit is jou geskapenheid en jou ware self wat in God is. Energie vloei gedurig deur ons, en hierdie energie ontstaan deur die manier hoe ons kyk en ook gesien word. Indien ons verkeerd kyk sal die balle van ons lewe beweeg na uiterstes.

Ons volg Sondag Hagar se storie waar sy haar bevind tussen die wieg van minderwaardigheid en dan later na meerderwaardigheid. Hierdie wieg laat haar in die woestyn beland waar haar hele lewe verander en sy terugkeer na die stilte en vastigheid binne haar.


Wanneer die wieg ons skommel beland ons in die woestyn. Dan is jy op 'n goeie plek waar die wieg kan stilword.


Hagar het toe die Naam van die Here wat daar met haar gepraat het, aangeroep en gesê: “U is 'n God wat my sien, hier het ek Hom gesien wat my gesien het.” Gen 16:13


- Deur Theo Geyser


bottom of page