top of page

Lewensvrae – Wie is ek?



Welkom terug! En, voor ek iets betekenisvol probeer kwytraak, kan ek net saam met al die honde en heldinne, die patete en profete, bely, “As jy dink jy is so geestelik verlig, gaan kuier ‘n week by jou ouers.” Of jou hele familie of enigiemand waarmee jy oerverhoudings deel. Net sodat jy weet ek skryf nie hier vanaf ‘n verbysterende hoogte nie. Nie op ‘n berg nie. Vallei. Goed dan. Onwards


Iets in my het nog altyd geweet dat dit die sinvolste vraag is wat ek ooit sal kan vra en terselfdertyd die mees sinnelose as ek ‘n antwoord sou verwag. Dis die grootste vraag waarmee ons worstel en tog voel die vraag te klein, te apart, te op sy eie, te jy-in-jou-klein-hoekie-en-ek-in-myn. Wie is ek?


Waar ek vandaan kom, het meeste mense nie net een naam nie. Hulle het meestal byname en as die naam wat hulle ouers vir hulle gegee het deel vorm van die aanspreekvorm word dit gewoonlik vergesel deur ‘n verklarende selfstandige naamwoord, soos Sarel Sakskadu of Willem Afkophoender of Jaap Skurwejantjie (ek maak natuurlik op soos ek aangaan om ware identiteite te verberg). My ma was vir ‘n groot deel van haar lewe “Mevrou Dominee” en baie ander vrouens op die dorp “Mevrou Dokter”. Hennie Hond was vanselfsprekend die veearts. In ons familie is basies al die seuns Hugo met tweede en derde name by. So hulle was “Hugo Tallie”, “Hugo Alex”, “Hugo Dina”, geken aan hulle pa of ma. My broer was een van hulle en toe daar kleinkinders in die prentjie kom, het hy “Oom Boetie” geword, ek dink nie my kinders weet eens wat sy regte naam is nie. By my kinders se skool, ken min kinders my naam. Ek is “Bassa se mamma” in sekere grade en “Hugi se mamma” in ander. Ek kan seker in ‘n bondeltjie gaan sit en wonder hoekom niemand my naam ken nie of ek kan verwonderd staan oor die konteks en die verbintenisse wat deel uitmaak van my vandaankom en heengaan.


Die brug tussen identifikasie en identiteit kan verwarrend wees. Alhoewel ons geïdentifiseer kan word deur ons verhoudings, ons werk, ons kerk, of selfs ons slegste oomblikke, sal dit ons altyd weerhou daarvan om te ontdek wie ons werklik is. Die essensiële taak van geloof is om mense te verbind – weer en weer, oor en oor – aan hulle oorspronklike identiteit, “saam met Christus verborge in God”.




Die MSG-vertaling sê, “Your old life is dead. Your new life, which is your real life – even though invisible to spectators – is with Christ in God. He is your life. When Christ (your real life, remember) shows op again on this earth, you’ll show up, too – the real you, the glorious you. Meanwhile, be content with obscurity, like Christ.




Die woord “obscurity” kom van die Latyns obscuritas wat “donker” beteken. Wees tevrede met duisterheid, met onduidelikheid, met onbekendheid, soos Christus. Eckhart Tolle skryf dat hy mense gewoonlik op die skouer klop wanneer hulle mismoedig verklaar, “Ek weet nie meer wie ek is nie.” Dan is hulle gewoonlik eers nog meer verward en vra, “Sê jy dis ‘n goeie ding om verward te wees?” Dan vra hy hulle om ondersoek in te stel. Wat beteken dit om verward te wees? “Ek weet nie” is nie verwardheid nie. Verwardheid is: “Ek weet nie, maar ek behoort te weet.” Is dit moontlik om die oortuiging te laat vaar dat jy behoort te weet wie jy is? Kan jy ophou soek na definisies om vir jou ‘n selfbesef te gee? Kan jy ophou om jou na denke (identifikasie) te wend vir ‘n identiteit? Wanneer jy die oortuiging laat vaar dat jy veronderstel is om te weet wie jy is, is die verwarring skielik weg. Wanneer jy ten volle aanvaar dat jy nie weet nie, betree jy in werklikheid ‘n gesteldheid van vrede en helderheid wat nader is aan wie jy is as wat denke ooit kan wees. Om jouself deur denke te definieer, is om jouself te beperk.


Ons gee dikwels mekaar die wyse raad, as vorm van aanmoediging, “Ag, wees net jouself.” Dit kan egter ook misleidend wees, want die kop sal inskop en sê, “Kom ons kyk. Hoe kan ek myself wees?” Nog ‘n rol.




Hou op om jouself te definieer – teenoor jouself en andere. Jy sal nie doodgaan nie. Jy sal lewendig raak. En moenie begaan wees oor hoe ander jou definieer nie. Wanneer hulle jou definieer, beperk hulle hulself. Wanneer jy met ander mense omgaan, moenie hoofsaaklik as ‘n rol of ‘n funksie vir hulle daar wees nie, maar as ‘n veld van bewuste Teenwoordigheid.


Eckhart Tolle




Die apostel Johannes het hierdie openbaring verstaan. Terwyl ander dissipels geïdentifiseer is deur hulle beroep – Matteus, die taksman, hulle politieke affiliasie – Simon die Yweraar (Zealot) of hulle swakhede – Thomas die twyfelaar, het Johannes homself in verskeie verse beskryf as “die dissipel wat Jesus liefgehad het”. Jesus was sekerlik lief vir al sy dissipels, maar Johannes mag dalk die enigste een wees wat sy geliefdheid aangeneem het as sy persoonlike identiteit.




The lover was asked to whom he belonged.

He answered, “To love.”

“What are you made of?” “Of love.”

“Who gave birth to you?” “Love.”

“Where were you born?” “In love.”

“Who brought you up?” “Love.”

“How do you live?” “By love.”

”What is your name?” “Love.”

“Where do you come from?” “From love.”

“Where are you now?” “In love.”

“Have you anything other than love?”

“Yes, I have faults and wrongs against my beloved.”

“Is their pardon in your beloved?”

“Yes, in my beloved is mercy and justice. I live between fear and hope. In love.”


Raymond Lull – The Book of the Lover and the Beloved


Die vraag “Wat is my naam?” het dalk te klein geraak vir hom. Die vraag “Wie is ek?” later ook. Hy het geweet Wie s’n hy is en dit was genoeg vir hom. Wanneer jy weet Wie s'n jy is, word wie jy is nie meer die primêre vraag nie. Al die "wie is ek's", die “waarheen is ek oppad’s” en die “saam met wie’s” word geleidelik openbaar in die "Wie s'n is ek?"




Thomas Merton het in New Seeds of Contemplation hierdie alewige soeke na identiteit op van die mees aangrypende wyses in woorde omgesit en êrens geskryf, “Bid vir jou eie ontdekking.” 


Bid om ont-dek te word. 


God leaves me free to be whatever I like.

I can be myself, or not, as I please.

I am at liberty to be real, or unreal.

I may be true or false, the choice is mine.

I may wear now one mask, and now another

And never, if I so desire, appear with my own true face.

 

To work out my own identity in God

Which the Bible calls “working out our salvation”,

Is a labour that requires sacrifice and anguish, risk and many tears.

 

I do not know clearly beforehand what the result of this work will be,

The secret of my full identity is hidden in God.

God alone can make me who I am,

Or rather who I will be when at last I fully begin to be. 


Thomas Merton




Die geheim van my identiteit is weggesteek in die liefde en genade van God. Daarom is daar net een “probleem” waarop my hele bestaan, my vrede en my heilsaamheid berus: om myself te ontdek in die ontdekking van God.


Too much of both religion and common therapy seem to be committed to making people comfortable with what many of us call our “false self.” It’s just rearranging the deck chairs on the Titanic, which is going to sink anyway. To be rebuilt from the bottom up, you must start with the very ground of your being. The spiritual path should be about helping you learn where your true ground, your deepest truth, and your eternal life really are. Our unique little bit of heaven is installed by the Manufacturer at its beginning! We are given a span of years to discover it, to choose it, and to live our own unique destiny to the full. The discovery of our own soul is frankly what we are here for.


Your soul is who you are in God and who God is in you. We do not “make” or “create” our souls. We only awaken them, allow them, and live out of their deepest messages. Normally, we need to unlearn a lot of false messages—given by family, religion, and culture—in order to get back to that foundational life which is “hidden with Christ in God” (Col. 3:3).


Richard Rohr




Die Bisantynse lied wat ons gereeld in InVia sing, lui so:


Helder lig wat skyn in die grond van my wese

vul my van hoek tot kant.

Trek my verby die wippe van my sinne,

uit die web van my verstand.

Bevry my van simbole, van tekens

dat ek die betekenis kan ontdek:

die woord nog ongeuiter in die duister

wat die grond van my wese bedek.


Trek my, bevry my

Soek my, kry my

Die Grond van my Wese.



- Frieda van den Heever

bottom of page