One of the paradoxes of the mystical life is this: that a man cannot enter into the deepest centre of himself and pass through that centre into God, unless he is able to pass entirely out of himself and empty himself and give himself to other people in the purity of a selfless love.
And so one of the worst illusions in the life of contemplation would be to try to find God by barricading yourself inside your own soul, shutting out all external reality by sheer concentration and will-power, cutting yourself off from the world and other men by stuffing yourself inside your own mind and closing the door like a turtle. Self-hypnotism is the opposite of contemplation. How can fire take possession of what is frozen?
At our very centres we all compose the mystical Body of Christ.
We all become doors and windows through which God shines back into His own house. When the Love of God is able to love you through me and you are able to love God through me.
Thomas Merton
Aan my Boesmanland-kant van die familie het ons dikwels gehoor “kom uit jou hoek uit” wat maar ‘n ander manier is om te sê “moenie lyf wegsteek nie”, “daag op”, “kry jou gedagtes uit jou sitvlak uit”, “jy’s nie ‘n skilpad nie”, “jy’s deel van iets groter as jouself”, “kom in kom in, aarde na alien – kom seblief huis toe, jy hoort hier” …
Hierdie tyd van die jaar is dit nie altyd maklik om te hoor of te sien nie. Meeste mense is moeg en het nie genoeg kapasiteit om op meer as “my” en “myne” te fokus nie. Ons wil nie inskakel op ander se frekwensies nie, want ons is bang dit gooi ons van stryk af, belemmer ons spoed, kortwiek ons fynbeplande strategie na ‘n jaareinde sonder te veel trauma. Ons is in die pylvak en die spreekwoordelike lint wat gebreek word aan die einde van die wedren is die een om die krismisboks. Almal nael nou vir Kersfees. En wat dan?
Wat as ek, in Sheila Cussons se woorde, werklik geteken is vir die avontuur van Jóú (Christus) en dat hierdie avontuur ‘n vurige uitnodiging is maar ek is te vasgevries in my eie swaar stuk ys om in ligte laaie op te gaan?
Wat as die uitnodiging van ons geloofsgemeenskap – dié een van stilword en saamwees, van stil word juis om te kan saam wees – nou meer as ooit geld?
As ek die een taboe-woord in my ouerhuis moet noem, sal dit “common” wees. Nee, eintlik “kômmin”, die verdraaide Afrikaanse weergawe van “die gewone”, of “gemeensaam”. Dit was erger as enige vloekwoord. As een van ons gesê het iemand is “kômmin”, het my pa dáái uitdrukking op sy gesig gekry en dan moes ons blitsvinnig die situasie beredder deur dit óf terug te trek óf te impliseer dat ons net so kômmin is soos die mens of groep mense wat ons beskryf het. Die blote aanname het teen my ouers se grein gegaan…
Dit sou ook teen Thich Nhat Hanh se grein gegaan het:
“We are here to awaken from the illusion of our separateness.” (Thich Nhat Hanh) … en meer belangrik, teen Jesus s’n.
Want ons grein, soos dié van alles in die heelal, smeek om gemeenskap. Alles in mense, in diere, in plante, in materie, in die geringste van die geringste organismes en selle roep uit om verbind te word, in verhouding te staan, te ken en geken te word.
Ek gaan hierdie standpunt van buite die kerkgebou loop haal. Agter die bult. Die skuld-bult. Lank voor Calvyn of die bobbejaan. Die woord “community” is so gelaai met “Christian lingo”-bagasie, dat ek, al is dit net vir myself, ander aanknopingspunte moes soek. Ons vriend, die wetenskap, is vol hiervan. Die wetenskaplikes probeer ook al vir eeue om iets fundamenteel te vind omtrent ons tendens tot isolasie en alienation, maar hoe meer hulle krap hoe meer ontdek hulle dat alles gegrond is op verhoudings. G’n wonder die swart hond van depressie blaf in ons nekke nie. Die gevoel van skeiding of afsondering (die separation waarvan Thich Nhat Hanh praat) is nie deel van die bloudruk waarop die heelal geskep is nie. Dis totaal on-natuurlik. Dit gaan teen die natuur se grein in. Kwantum tegnologie staaf daagliks Paulus se “teorie” in 1 Korintiërs 12:
“For no matter how significant you are, it is only because of what you are a part of.”
Die ganse heelal floreer nie op isolasionisme nie, maar op die vermoë om in verhouding te staan tot die “ander” of die res... Ons pop-kultuur probeer elke dag om hierdie nosie in sy peetjie te stuur. Elke Jan Rap of Lady Gaga probeer meer van ‘n “individu” wees as die volgende. En dan word ‘n beeldjie haar in die hand gestop en sodra sy haar mond oopmaak, negeer sy haar hele punt: “This one is for my fans. I love you so much. Without you, I’m nothing.” Dis omtrent so oorspronklik soos om te dink mense met ‘n ander nommerplaat as jy (minder as 5km weg) is kômmin. Maar dis nader aan die oorsprong (van “oorspronklik”) as wat dit is om oorspronklik te wil wees.
“Our lives extend beyond our skins, in radical interdependence with the rest of the world.”
Joanna Macy
Ons velle is nie die grense van ons bestaan nie. Maar om te verstaan hoe hierdie web van verbintenisse met die “buite”-wêreld werk, moet ons eers gaan kyk na hoe die web van verhoudings in ons eie liggaam werk. Paulus gaan so ver om te sê dat ons die betekenis van ware gemeenskap (“community”) net sal verstaan as ons kyk na ons eie lywe en hoe meesterlik hulle ontwerp is.
The Church says: The body is a sin.
Science says: The body is a machine.
Advertising says: The body is a business.
The body says: I am a fiesta.
Eduardo Galeano
Ons is geneig om min aandag aan 1 Korintiërs 12 te gee, omdat dit net voor 1 Korintiërs 13 in die Bybel is. Daar is legio redes wat ‘n mens sou kon aanvoer waarom Paulus by die liggaam sou begin voor hy ‘n woord rep oor die liefde …
1 Corinthians 12 (MSG)
12-13 You can easily enough see how this kind of thing works by looking no further than your own body. Your body has many parts—limbs, organs, cells—but no matter how many parts you can name, you're still one body. It's exactly the same with Christ. By means of his one Spirit, we all said good-bye to our partial and piecemeal lives. We each used to independently call our own shots, but then we entered into a large and integrated life in which he has the final say in everything.
25-26 The way God designed our bodies is a model for understanding our lives together as a church: every part dependent on every other part, the parts we mention and the parts we don't, the parts we see and the parts we don't. If one part hurts, every other part is involved in the hurt, and in the healing. If one part flourishes, every other part enters into the exuberance.
27-31 You are Christ's body—that's who you are! You must never forget this. Only as you accept your part of that body does your "part" mean anything…
Ons is so gewoond dat ons liggame in diens staan van kapitalisme, wit bevoorregting, die patriargie, die Amerikaanse droom wat vinnig oorgewaai het na al die ander kontinente, die idee van perfeksie – alle sisteme van onderdrukking – dat ons sukkel om nie ons liggaam as ‘n blote masjien, of selfs ‘n apologie, te beskou nie. Die kultuur van verbruikerswese is soos die lug wat ons inasem en om gemeenskap – in al sy onvolmaaktheid en messiness – nie as verbruikers binne te gaan nie, is ‘n diep ontnugtering én uitnodiging. Om van een kerk na ‘n ander te spring tot jy die “perfekte” een gevind het – waar die praise maar ook die worship nommerpas is vir jou, die pastoor se jeans net reg sit, die koffiemasjien die beste werk, die kinders die beste entertain word is so in lyn met die kultuur van ons dag dat ons nie meestal nie eens twee keer daaroor dink nie. So word ons ook consumers of community soos iemand geskryf het en dit is die antitese van opregte gemeenskap. In die eerste is jy heeltyd “apart from” en in ware gemeenskap is jy “a part of”.
Gaan lees gerus die hele 1 Korintiërs 12 in Eugene Peterson se Message-vertaling. Ons almal (ook ons viervoetige vriende, dié met vinne, dié met blare – alles wat asem het!!!), of ons dit weet of nie, is op soek na die hidden wholeness waarvan Thomas Merton praat, in ons bestaan. Die verborge heelheid, of gemeenskap, van dinge. Ons is so gemaak “en gelat staan” – in verhouding. As ons Jesus nie in die “common”, of die kômmin, ontmoet nie, sal ons Hom nie ontmoet nie.
En soek gaan jy soek, al weet jy dit nie eens nie. Al is jy in die pylvak. Al fokus jy op jouself. Jy gaan dit soek, juis wanneer jy dink jy hardloop weg van mense. Op jou foon – jou doom scrolling op sosiale media, die dopamieninspuiting wat jy nie meer kry nie maar steeds crave om die fix wat aanvanklik geskep is om mense aanmekaar te verbind maar dit selde meer regkry nog een laaste keer te probeer … dis alles soektogte, maniere om te sê “Kom’in kom’in … is daar iemand? Oor.”
“Where is God in this picture? God is all over the place. God is up there, down here, inside my skin and out. God is the web, the energy, the space, the light – not captured in them, as if any of these concepts were more real than what unites them – but revealed in that singular vast net of relationships that animates everything that is.”
Barbara Brown Taylor
Frieda van den Heever