Robert Holden wat die kursus Living as Love aanbied, vertel toe sy dogtertjie drie jaar oud was, het hy haar gaan soek nadat sy al 'n paar uur buite in die tuin lê. Net lê. Toe hy haar kry, vra hy wat fout is. Haar antwoord: "Nothing. I'm just lying here feeling beautiful." Asof sy Ps. 139 opgeëet en ingesluk het.
Here, U deurgrond en ken my. U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte.U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my... Want Ú het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef. Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke!
En my siel weet dit alte goed.
My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.
Ons almal het 'n diep behoefte om te ken en geken te word en steeds liefgehê te word, om geweeg en nie te lig (en in hemelsnaam ook nie te swaar) bevind te word nie, om genoeg te wees en net nooit te veel nie, om soms net te lê (en niks DOEN) en mooi voel. Ons het net al so ver geleer leef van ons siele af dat ons dit vergeet, ons is so vervreemd van onsself dat ons werklik nêrens kan tuiskom of 'n heenkome bied vir ander mense nie.
"Your soul longs to draw you into love for yourself.
When you enter your soul's affection, the torment in your life ceases."
John O'Donohue
So self-liefde is nie narsisme nie, dis die teenoorgestelde. Narsisme het eintlik niks met liefde te doen nie, alhoewel dit dikwels as 'n patologie of 'n verdraaiing van self-liefde beskryf word. "It is not love unless everything is loved ..." soos iemand gesê het.
En as ons Matteus 22 - Jesus se groot gebod - reg verstaan, kan ons nie ons naaste, ander mense, liefhê as ons nie ons onsself liefhet nie.
Dit is wat Lent (of Lydenstyd) so groot geskenk maak, as ons bereid is om "daarnatoe" (lees: die Kruis) te gaan, om die reis saam met Christus te onderneem: Dit stroop ons van al die maniere waarop ons wegkruip vir Liefde, vir God, vir ons Self. Ons gaan Sondag gesels oor die lewensnoodsaaklikheid van hierdie liefde wat ons so dikwels misken of misgis vir 'n bietjie pampering.
Hierdie gedig van Derek Walcott het weer hierdie week vir my diep troos en uitnodiging gebied:
Love after love
The time will come
when, with elation
you will greet yourself arriving
at your own door, in your own mirror
and each will smile at the other's welcome,
and say, sit here. Eat. You will love again the stranger who was your self. Give wine. Give bread.
Give back your heart to itself, to the stranger who has loved you
all your life, whom you ignored
for another, who knows you by heart.
Take down the love letters from the bookshelf,
the photographs, the desperate notes, peel your own image from the mirror. Sit. Feast on your life.
Derek Walcott
- Geskryf deur Frieda van den Heever