top of page

Jy is wat jy liefhet! Ander



Op ‘n dag sit daar ‘n klomp dissipels by hulle Rabbi en hy vra die volgende vraag: “Wanneer sal daar genoeg lig in die wêreld wees?” Die eerste dissipel antwoord: “Wanneer ‘n mens ‘n bok van ‘n skaap kan herken.” Die Rabbi skud sy kop, en vra: “Is daar nog iemand wat wil probeer?” ‘n Ander dissipel antwoord: “Wanneer ‘n mens ‘n eikeboom van ‘n denneboom kan onderskei.” Weer skud die Rabbi sy kop. ‘n Ander dissipel steek vining sy hand op en antwoord: “Wanneer jy na water kyk en kan sien dat dit vloei.” Die Rabbi skud weer sy kop, en die dissipels raak tjoepstil. Dan antwoord die Rabbi sy eie vraag: Wanneer lig so sterk skyn dat jy in enige iemand anders jou broer en suster kan raaksien!”

Wat sal gebeur wanneer ons so kan kyk? Ons sal doen wat die Barmhartige Samaritaan doen. Voel, omgee, versorg en selfs geld gee as liefde daarvoor vra.

Jesus leer in die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan dat daar altyd twee derdes (priester en Leviet) binne ons gaan sukkel om ons naaste lief te hê. Soms is die lig waarmee ons soek net te swak om te wys wie mense werklik is. Godsdiens kon die priester en Leviet nie help nie, maar het inteendeel in die pad van liefde gestaan!

Ons gesels Sondag weer oor die liefde, en gaan kyk hoe om die priester en Leviet binne ons te tem met ware liefde.


Geskryf deur Theo Geyser


bottom of page