Woensdag was ‘n gewone dag. Eintlik so gewoon soos ‘n Maandag na die langnaweek. En toe word ‘n gewone dag omskep in een met soveel betekenis, soveel gewaarwordinge, soveel diepte. Nie een van hierdie stories hoort in ‘n enkele paragraaf nie en tog gaan ek dit nou so vertel:
Eers praat ek “toevallig” met ‘n ma wat nou vir amper drie weke saam met haar kleuterdogtertjie in ICU was. Haar kind het van ‘n relatief algemene virus hê binne ‘n paar dae by die dood gaan omdraai en enige ouer weet hoe jou hele lewe geruk word as jou kind siek is. Kort daarna praat ek met ‘n vriendin wat absoluut radeloos voel met haar tienerdogter wat al haar lewe lank met ‘n rare kondisie leef en op die oomblik erg sukkel. Die middag sit ek by my seuntjie se swemles op ‘n tyd wat ons nie gewoonlik gaan nie en daar loop ‘n vrou in wat ek weet ek moet ken, sy voel net bekend. Ons begin gesels en kort voor lank weet ek presies wie dit is, al het ons mekaar nog nooit ontmoet nie. Haar dogtertjie het ‘n paar jaar terug tragies verdrink en so langs die swembad sit ons en kyk na haar prettige gesonde tweejarige laatlam (soos ‘n vis in die water omdat sy al swem van sy 6 weke oud is) wat sy ten alle koste wil beskerm teen die seerkry in hierdie lewe. Die aand sit ek saam met my vriendin om ‘n tafel wie se negejarige dogter eerskomende Maandag ‘n jaar terug in haar arms dood is na ‘n kort siekbed. Ons huil, ons lag, ons weet en ons weet nie en die vraag kom oor en oor by my op:
Hoe sê ek JA vir 'n lewe wat ek nie gekies het nie?
Om JA te sê voel soms amper soos verraad teen die lewe wat ek geken het. Dis ‘n hartverskeurende keuse om elke dag opnuut te maak. En tog, om NEE te sê is erger. Om NEE te sê vir die lewe as die lewe nie uitwerk soos ek beplan het nie, is om JA te sê vir verwyt. Die woord “resentment” kom van die Frans: re (weer) en die Latynse sentire (om te voel). Met ander woorde, om oor en oor te voel. Om dieselfde ding weer en weer te voel. As my klophart ‘n kliphart word, as my sagte hart versteen, as gevoelens nie deur my beweeg nie, maar gaan vassit.
Soren Kierkegaard het eenkeer verwyt so gedefinieer: Verwyt vind plaas wanneer ons van barmhartigheid na bitterheid beweeg.
En heeltyd draal Leonard Cohen se lirieke in my kop rond:
Behold the gates of mercy in arbitrary space
and none of us deserving the cruelty or the grace …
The Heart beneath is teaching to the broken heart above
Ons gaan Sondag, aan die hand van die bekende gelykenis van die verlore seun (en sy ouer broer) gesels oor die belangrike verskil tussen spyt en verwyt en hoe opregte spyt en berou en aanvaarding ons lewe kan transformeer.
David Pink begin sy kragtige boek “The power of regret” met die volgende motto:
“Though we would like to live without regrets, and sometimes proudly insist that we have none, this is not really possible, if only because we are mortal.”
- James Baldwin
“No regrets” – die liedjies, die tattoos, die maniere waarop ons onsself mislei of probeer oortuig dat ons nie mens is nie …
Regret is a short, evocative and achingly beautiful word: an elegy to lost possibilities even in its brief annunciation, it is also a rarity and almost never heard except where the speaker insists that they have none, that they are brave and forward-looking and could not possibly imagine their life in any other way than the way it is. To admit regret is to understand we are fallible, that there are powers in the world beyond us; to admit regret is to lose control not only of a difficult past but of the very story we tell about our present...
Sincere regret may, in fact, be a faculty for paying attention to the future, for sensing a new tide where we missed a previous one, for experiencing timelessness with a grandchild where we neglected a boy of our own. To regret fully is to appreciate how high the stakes are in even the average human life.
Fully experienced, regret turns our eyes, attentive and alert, to a future possibly lived better than our past.
- David Whyte
Opregte spyt is die antitese van verwyt en dit kan my hart oopbreek om God se Gees te ontvang vir die lewe wat ek nou werklik leef, nie vir die lewe wat ek gedink het ek wou leef of vir die lewe wat ek sou geleef het as my omstandighede anders was nie.
- Deur Frieda van den Heever