Toe dinge skeefloop en daar donker tye vir Israel kom, soek Moses leiding by God. Hy wil hê die Here moet saam Kanaän toe trek, want die Kanaäniete, Amoriete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete wat daar bly, is nie jou speelmaats nie. Die Here stel nie belang in Moses se versoek nie, omdat Israel ‘n moedswillige volk is (Eks 33:5). Moses ken van onderhandel en soek ‘n duidelik teken in vers 12-13: "guide me clearly along the way" (LB). En ander vertalings sê, “teach me your ways" (NIV), of "let me know thy ways" (NASB), or "show me now thy way" (KJV). Moses kan God net vertrou as hy verstaan en klaar planne in plek het. Of dalk weer 'n braambos... God se antwoord behoort enige iemand om te krap. Eerstens, met geen duidelikheid of sekerheid nie, slegs ‘n wolk en God se rug wat Moses mag sien! (vs 23). Die wolk bring die donkerte en is die buffer tussen hom en God en die rug is om tevrede te wees met ‘n gedeeltelik of soos-‘n-spieël-in-‘n-raaisel-verstaan van God. Tweedens, niks gebeur vinnig nie. Moses is op en af met die berg. Hy moet wag in die donker. Die wolk duur ses dae lank! In die 14 de eeue is mees invloedrykste werk oor gebed, “Cloud of the Unknowing” geskryf en ons weet nie wie dit geskrywe het nie. Jy kan die “Cloud of the Unknowing” opsom in twee sinne: God is ‘n misterie. En, God se liefdevolle teenwoordigheid kan deur gebed of kontemplasie ervaar word.
Die wolk dui op die buffer tussen ons en God en die nie-weet is eerder ‘n plek waar God ons kan ontmoet. Johannes van die Kruis (1542–1591) het gesê: “God can be loved, but not thought.” Richard Rohr sê dit weer so: “When we reach the end of what we know, that’s where we find God.” Ons gesels Sondag oor hoe ons in die donker kan loop wanneer dit voel of God sy rug op my draai en die donker wolk letterlik oor my kop hang...
- Geskryf deur Theo Geyser