Ek wil jou nou nie 'n oorwurm gee nie, maar ek kry nie hierdie een afgeskud die week nie ... "I get knocked down, but I get up again. You are never gonna keep my down ..." en dan gaan dit basies so aan. So herhalend soos 'n gebedsang. Met 'n niksseggende bruggie (wat sê "pissing the night away" - ter verdediging: ek het vir 25 jaar gedink dis "listening the night away" en my weergawe ook kliphard saamgesing) met 'n koortjie tussenin. 'n One-hit wonder deur 'n band met die naam Chumbawamba. Dis nie 'n spirituele liedjie nie, dis 'n .... hmmm spiritus song. 'n Lekker suipsong uit die 90's wat almal aan die gang gekry het. Want niemand wil bly lê nie.
Die oorsaak van my oorwurm is baie meer merkwaardig as die wurm self. En dit maak 'n gans ander kan wurms oop. Paulus se woorde aan die Korintiërs:
But this beautiful treasure is contained in us—cracked pots made of earth
and clay—so that the transcendent character of this power will be clearly
seen as coming from God and not from us. We are cracked and chipped from our afflictions on all sides, but we are not crushed by them. We are
bewildered at times, but we do not give in to despair. We are persecuted,
but we have not been abandoned. We have been knocked down, but we are
not destroyed. We always carry around in our bodies the reality of the
brutal death and suffering of Jesus. As a result, His resurrection life rises and reveals its wondrous power in our bodies as well. For while we live, we are constantly handed over to death on account of Jesus so that His life may be revealed even in our mortal bodies of flesh. So we have no reason to despair. Despite the fact that our outer humanity is falling apart and decaying, our inner humanity is breathing in new life every day.
Cracked pots. Nie crack pots nie. Sagte, deurdringende woorde. Nie tubthumping nie. Gemaak van grond en klei sodat die voortreflikheid van hierdie krag van God sal wees en nie uit ons nie. Verdruk, nie terneergedruk nie. Verleë, nie radeloos nie. Vervolg, nie verlate nie. Neergewerp, nie vernietig nie. So effe anders as "We'll be singing when we're winning" soos ons drinkebroers uit die 90's ons geleer het.
Die Griekse woord vir hierdie krag van die Heilige Gees, wat male sonder tal in die Nuwe Testament gebruik word, is dunamis of dynamis. Jy sal hoor dat die woord "dinamies" of "dinamiek" ook sy oorsprong daarin het. So ook "dinamiet", Alfred Nobel se bekendste uitvindsel. En as mens gaan kyk na die bestanddele van dinamiet en ander plofstowwe, is dit ewe insiggewend dat dit gevul word met 'n hoogs absorberende materiaal soos klei met 'n bietjie nitrogliserien wat bygevoeg word. Ons ken mos die uitdrukking "dinamiet kom in klein pakkies". Die plofpotensiaal kan nie gesien word in die komposisie of bestand daarvan nie. En net soos ons liggame uit stof gemaak is, het God die krag van die Heilige Gees aan ons geskenk om geabsorbeer te word deur ons en vlam te vat.
Nie in diens van vernietiging nie, in diens van Liefde. Hierdie krag is 'n dinamiese fors as dit op deelname berus. Dis die teenoorgestelde van mag wat verrot het en waar korrupsie hoogty vier. Die een bekragtig. Die ander verkrag. Krag wat nie uit liefde vloei nie, is roekeloos, gewelddadig en bloeddorstig. Liefde sonder krag is sentimenteel, skynheilig en anemies.
Hoe ont-vang ek hierdie krag? Presies so. Deur dit nie te vang of te begryp met die verstand nie. Deur my humus, my grond, my klei, my menswees in die gesig te staar. Toe C.G. Jung nie meer so jung was nie, het een van sy studente John Bunyan se Pilgrim's Progress gelees en vir Jung gevra: "Hoe was jou pelgrimstog werklik?" Jung het geantwoord: "In my geval het die pelgrim se vooruitgang daaruit bestaan dat ek by 'n duisend lere moes afklim om my hand te kon uitsteek na die klontjie klei wat ek is."
Grond + Gees. Stof ... haal asem. Klei: vat vlam!
Abba Lot went to Abba Joseph and said to him, “Abba, as far as I can I say my little office, I fast a little, I pray and meditate, I live in peace and as far as I can, I purify my thoughts. What else can I do?” Then the old man stood up and stretched his hands towards heaven. His fingers became like ten lamps of fire and he said to him, “If you will, you can become all flame.”
From “The Sayings of the Desert Fathers”
- Deur Frieda van den Heever