top of page

Hier. Is. Ek.




Hoe lyk Maria in jou geestesoog? Ons het dikwels geromantiseerde idees van Jesus se moeder: aantreklik, skoon, blakend gesond, nice en netjies. Die realiteit: Maria was ‘n arm, bloedjong Joodse meisie van om en by 14 jaar oud. Sy was deel van ‘n onderdrukte godsdienstige en politieke minderheidsgroep met die stewel van die Romeinse ryk op haar nek.


Maria kom by haar niggie Elisabet aan waar sy met waardigheid en troos ingeneem word, in teenstelling met waar sy vandaan kom, met die skandvlek van ‘n ongehude swangerskap op haar. Sy voel gesien. Sy begin sing omdat sy gesien voel. En hierdie eerste Kersfeesliedjie is ‘n uitskieter. 


Die gesang begin met hierdie ongelooflike woorde: “My siel maak die Here groot”. Die Message-vertaling lees: “I’m bursting with God-news.” Nog ‘n vertaling: “My soul magnifies the Lord.” Dis nogal vir my ‘n vreemde gedagte: Hoe kan God groot gemaak word as Hy reeds is? Of hoe kan Hy groter gemaak word as wat Hy is? Die woord “magnifies” hou seker die sleutel hiervoor in. Deur 'n lens of 'n mikroskoop. Deur aandag te skenk. Sommige vertalings lees “God has regarded me in my lowliness” en die Franse woord regardez beteken om twee keer te kyk, of weer te kyk, of diep te kyk na iets. Maria laat haarself toe om gesien te word deur God se dieper kyk: “God took one good look at me, and look what happened— I’m the most fortunate woman on earth!” (MSG) Wanneer ons dit doen, word “God se oë” altyd gevul met meer medelye en genade. Ons s’n ook, as ons twee keer kyk, of dieper kyk. Iets word so groot soos die aandag wat ons daaraan skenk.


U2 sing in Magnificent:


I was born

I was born to sing for you

I didnʼt have a choice but to lift you up

And sing whatever song you wanted me to

I give you back my voice

From the womb my first cry, it was a joyful noise

Only love, only love can leave such a mark

But only love, only love can heal such a scar

Justified till we die, you and I will magnify

The Magnificent



In Maria sien ons ons eie onvermoë om geestelike goed te laat gebeur deur ons eie toestelle, ons eie intelligensie en met ons eie liggame; maar ek kan God vertrou en toelaat om dit in en deur my te doen. Al wat Maria eintlik gesê het is, “Hier is ek.”



My siel maak die Here groot,

en my gees is verheug in God, my Saligmaker;

omdat Hy die nederige toestand van sy diensmaagd aangesien het; want kyk, van nou af sal al die geslagte my salig noem.

Want Hy wat magtig is, het groot dinge aan my gedoen, en heilig is sy Naam.



As ons met God te doen het, bly dit egter baie selde by “Hier is ek”. Dis ‘n baie goeie begin, en dan is daar meer … so asof God sê, “Bly jy’s hier. Waar is daar? Bly jy is hier, maar waar is hulle?”


Daar is bykans altyd, so wil dit my lyk, ‘n patroon aan ‘n roeping, al is dit hoe onvoorspelbaar. Min mooier voorbeelde as Johannes van die Kruis se woorde:


When you regarded me

Your eyes imprinted your grace in me,

In this, you loved me again,

and thus my eyes learnt

to also love what you see in me. . . .

what do You see in me?

You see in me!

See in me?!

 Let us go forth together to see ourselves in your beauty.



Mense hou baie van die eerste deel van Maria se Kersliedjie. Almal kan saam sing – veral diegene wat nie arm, honger en onderdruk is nie. Dit hou Maria “in toom” en gehoorsaam – soos ons grootgemaak is om haar te sien.


Maar die lofsang van Maria – alom bekend as die Magnificat – wys ook ‘n heel ander kant van Maria. As rewolusionêr en ontwrigtend.


Sy barmhartigheid is van geslag tot geslag vir die wat Hom vrees.

Hy het deur sy arm kragtige dade gedoen. 

Hoogmoediges in die gedagtes van hulle hart het Hy verstrooi.

Maghebbers het Hy van trone afgeruk en nederiges verhoog.

Hongeriges het Hy met goeie dinge vervul en rykes met leë hande weggestuur.

Hy het sy kneg Israel bygestaan, sodat Hy aan sy barmhartigheid sou dink —

soos Hy tot ons vaders gespreek het — aan Abraham en sy nageslag tot in ewigheid.



Welkom by Maria, die meisiekind van Heilige Woede. Die vrou wat ‘n hele ekonomiese sisteem gebou op afgodery en idees oor watter tipe mense goed soos kos en skuiling verdien voor stok kry. Dis so ontwrigtend dat toe die King James vertaling van die Bybel uitgekom het, die Britse kroon die woord “trone” vervang het met “stoele” … ek kan nie help om te lag nie. Daar is niks snaaks daaraan nie. Baie land het die Magnificat heeltemal verban in enige liturgie of publieke byeenkoms. Amerikaanse eienaars van slawe het so ver gegaan as om ‘n spesiale (lees: aangepaste) Bybel te gee vir hulle slawe waarin 90% van die Ou Testament en 50% van die Nuwe Testament uitgehaal is. Die Magnificat, soos jy seker kan raai, het ook nie die Lekker Bybel gemaak nie.



“With the Magnificat, Mary not only announces a birth, she announces the inauguration of a new kingdom, one that stands in stark contrast to every other kingdom—past, present, and future—that relies on violence and exploitation to achieve “greatness.” 

With the Magnificat, Mary declares that God has indeed chosen sides.

And it’s not with the powerful, but the humble.

It’s not with the rich, but with the poor.

It’s not with the occupying force, but with people on the margins.

It’s not with narcissistic kings, but with an un-wed, un-believed teenage girl entrusted with the holy task of birthing, nursing, and nurturing God.

This is the stunning claim of the incarnation: God has made a home among the very people the world casts aside. And in her defiant prayer, Mary—a dark-skinned woman, a refugee, a religious minority in an occupied land—names this reality.”


Rachel Held Evans



God sien stof. God kyk weer. God blaas sy asem daarin.


Stof begin sing. Stof wat God voortbring. 



`n Seën genaamd Reservaat (van Heiligheid)


Jy was byna onbewus 

van die verterende verlange 

om ontvang te word,

om ingenome te wees,

geheel en al, net soos jy is,

eerlik tog sonder beskaming.


Aanvanklike huiwerende toenadering 

word deelwees, behoort,

toegevou in die seën 

en tuis in die kring 

van onverwagte en aangrypende genade.  


So het jy weer begin lewe,

vreesloos begin wandel,

gepraat sonder skroom

uit murg en been,

uit hart en wese.

Jy het geleer sing.


Die seën

laat jou egter nie

in veilige stase 

versuim nie.


Daar kom `n tyd

dat die seën jou uitstuur,

sodat jy nou die reservaat kan wees 

wat ander vir jou was,

en jou woord kan doen

oor wat jy self gehoor, gesien en ervaar het. 


Naamlik dat jy `n geliefde is, 

`n kosbare kind van God,

mooi om na te kyk,

en dat jy hier welkom is,

dis nou jou tuiste!



- Frieda van den Heever

bottom of page