Een van die merkwaardigste persone in die kerkgeskiedenis is Giovanni Bernardone (1182-1226), met die bynaam Franciscus van Assisi. Francis is in die Italiaanse distrik van Umbrië gebore en was die seun van ‘n ryk tekstielhandelaar. Hy was baie bederf en 'n regte troebadoer. Hy het ‘n rykmanslewe gelei en baie spandabelrig geleef met ‘n groot liefde vir klere, wyn en vrouens. Hy het Latyn, kuns en poësie gestudeer.
Dan verander sy lewe radikaal.
Daar word gepraat van ‘n paar bekerings in Francis se lewe.
Die paar mense wat hom volg groei later tot die magtige Franciskaanse-orde wat vandag nog oor die 5 000 monnike het. Francis streef nie na kennis nie, maar na verinnerliking of 'die reis na binne'. Sy volgelinge leef met gloeiende ywer en glo in hande-arbeid.
Ons gesels Sondag oor die bydrae wat Fransiscus gemaak het tot ons verstaan van God, die natuur en ander mense – en veral die ‘ander'. Die slagspreuk ''paupertas cum laetitia'' wat beteken armoede met blydskap is deur sy volgelinge uitgeleef. Hy het geglo dat jy ervaar God in jou liggaam en daarom moet jy bly wees. Vreugde is die geskenk van God en treurigheid die groot sonde teen die goeie God. Fransciscus verwys dan ook na sy orde as "God se narre" en neem niks ernstig op nie, behalwe God.
Ons kuier Sondag om 10:00 weer saam by die Protea Hotel. Daar is geen aanddiens nie a.g.v. die langnaweek.