Elkeen van die evangelies gee vir ons ‘n unieke blik op die persoon van Jesus, wie Hy is, wat Hy kom doen het op aarde, en waarheen dit ons as volgelinge uitnooi.
Ons begin hierdie Sondag met die eerste evangelie, nie die oudste nie, maar die eerste in die Nuwe Testament, Matteus. Matteus volg mooi uit die Ou Testament juis omdat een van die hoof doelwitte van die teks juis is om te bewys dat Jesus die Messias is wat in die Ou Testament beloof is. Die een wat Israel kom vry maak en God se koningkryk kom inhuldig. Tog lyk hierdie Messias anders as wat verwag was, Hy kondig wel God se nuwe wêreld aan, maar dit lyk anders as wat verwag is.
Jesus in Matteus is die leraar, die ‘teacher’ en soos ‘n goeie leraar wys Hy hoe die koningkryk van God lyk, Hy leef dit, en daarna praat Hy daaroor. Die struktuur van Matteus is in vyf sulke dele opgedeel soos die vyf boeke van Moses, of die Torah, in die Ou Testament. Jesus demonstreer en leer vyf keer in die evangelie die dissipels hoe om in God se nuwe ‘onderstebo’ wêreld te leef. Jesus leer hulle wel meer as kennis, maar toegepaste kennis, die kuns van lewe, met ander woorde: Hy leer hulle wysheid.
Die vraag is dan, wat nooi Matteus ons na uit, wat nooi Matteus se prentjie van Jesus as wysheids leraar ons na uit?
Kom kuier Sondag oggend 10:00 by die Protea Hotel in Stellenbosch en Sondag laatmiddag 17:00 by 2 Derry rd in Rondebosch, waar ek meer sal deel oor Matteus.