top of page

Bergpredikasie: Salig is die wat treur


Jy ken seker die spreekwoord: “Na lekker lag kom lekker huil.” Dit was een van my ouma se gunsteling uitdrukkings toe ek 'n kind was, en dit het my altyd skuldig laat voel wanneer ek en my broer te uitbundig geraak het. Dis 'n eenvoudige manier om te sê hoe nou verweef vreugde en hartseer werklik is. Maar tog, in ons huidige kultuur en sekere godsdienstige oortuigings, word ons dikwels verhinder om hierdie twee gevoelens met mekaar te versoen. Elke advertensie en baie liedjies verkoop aan ons die idee van “happiness,” en as jy dan nog glo dat blydskap ’n teken is van die Here se seën op jou lewe, dan gaan huil by jou kom spook.

 

Maar Jesus sê dat ons salig (envied/blessed) is wanneer ons huil (Matt 5:4).


Wanneer ons reg kan huil, belowe Jesus dat ons vertroos sal word. Die woord “vertroos” beteken letterlik “helper.” Dít is hoe God ons help—deur trane. Loer gerus na klein Tessie de Beer se eksperiment oor trane wat sy Sondag in die diens en op InGemeen (YouTube) deel. Die bottomline? Daar is ware trane en krokodiltrane. Slim mense sal jou leer dat “fake” trane ’n ander chemiese samestelling het, maar ware trane bevat helende hormone wat wonders werk.

 

Henri Nouwen beskryf ware trane só: “The great challenge is living your wounds through instead of thinking them through. It is better to cry than to worry, better to feel your wounds than to understand them, better to let them enter into your silence than to talk about them. The choice you face constantly is whether you are taking your wounds to your head or your heart.”

 

Hy  beklemtoon dat daar 'n plek in ons is wat nie wil huil nie, wat nie ons seer wil voel nie, wat nie ons pyn na ’n plek van stilte wil neem nie, en wat nie ons wonde na ons hart wil neem nie. Dit is wel belangrik om oor jou pyn na te dink, maar dit kan nie net in jou kop leef nie. As dit gebeur, blokkeer jy jou trane met ontkenning, rasionalisering, en deur oneerlik te wees oor jou eie pyn deur nie my eie hulpeloosheid, swakheid, en eie ontoereikendheid te erken en te aanvaar nie.

 

Sondag gaan ons gesels oor wat pyn aan die self doen. Pyn is verlies, en ons koppel daardie verlies dikwels aan onsself. Waar was die Here? Is ek nie goed genoeg nie? Word ek gestraf? Het die Here my verlaat? En as ek myself verloor, dan emigreer ek na my kop. Lisa Degrenia sê: “Tears are a gift. They fall on our hard hearts, cracking them open to the truth of who we are and the truth of the world around us. As they fall, our hearts grow softer and softer in God’s hands.”



Theo Geyser

bottom of page