Die Bergpredikasie is 'n onderwysing waarin Jesus die fondasie van ‘n geestelike lewe uiteensit. Ek vermoed dat dit die rede is waarom Matteus en Lukas dit baie vroeg in hulle evangelie sit. Hulle wil hê jy moet weet – hier begin alles. Dit is tipies binne Jesus se prediking styl. Gedistilleer, presies, paradoksaal en eenvoudig maar nooi jou na diep refeksie uit.
Dit is een van die bekendste gedeeltes in die Nuwe Testament van die Bybel en bevat 'n reeks stellings bekend as die Saligsprekinge, waarin Jesus mense "geseënd" is noem. Ongelukkig het "geseënd-wees" so Christelike stop-woordjie geword. "Bless you" of ek is so "ge-bless" hoor jy gereeld. Jesus wys dat salig wees nie altyd so salig is nie. Ware seën kom nie in geestelike materialisme, meerderwaardigheid of familiariteit nie. Dit was Chesterton wat gedink het dat familiariteit is die grootste van alle illusies. Ons kyk en sorg vir onsself en dat ek self genoedsaam is. Dit was die probleem met Jesus se gehoor.
Dit kom eerder in ‘n diep admirasie en respek vir die regte goed in die lewe.
Ek hou van die Amplified vertaling wat salig vertaal met "to be admired" or "envied." Net soos wat ons status, besittings en mag beny, praat Jesus van ‘n tipe lewe wat ‘n blywende admirasie sal bring.
Ons gesels die volgende paar weke oor hierdie merkwaardige lewe wat Jesus belowe vir elkeen wat Hom probeer volg. Ons skop Sondag af met Jesus wat jou uitnooi om "arm van gees" te word. The woord "arm" beteken "the very empty ones, those who are crouching," en Cynthia Bourgeault vertaal dit met "pouring empty into empty."
"To “self-empty” in the way Jesus is described as doing means being present without demanding that your presence be recognized and its importance acknowledged; it means giving without demanding that your generosity be reciprocated; it means being invitational rather than threatening, healthily solicitous rather than nagging or coercive; it means being vulnerable and helpless, unable to protect yourself against the pain of being taken for granted or rejected; it means living in a great patience that doesn’t demand intervention, divine or human, when things don’t unfold according to your will; it means letting God be God and others be themselves without either having to submit to your wishes or your timetable. Not an easy thing at all, that’s why we’ve sung Jesus’ praises for two thousand years for doing it, but that’s the invitation." Ronald Rolheiser
Theo Geyser