“I waited and waited and waited for God.” Ps 40:1
Dit is vir my baie simbolies dat Lent, Heilige Week en Paasnaweek in die “lockdown” val. Selfs die woord “lockdown” het simboliese betekenis op hierdie Heilige Saterdag wat baie mense Swart Saterdag noem. Jesus was ook fisies, geestelik en emosioneel in totale isolasie weg van sy geliefdes naby aan hom.
In my halwe eeu op aarde het ek nog nooit Lent, Heilige Week en Paasnaweek so intens beleef soos hierdie jaar nie. Vir die eerste keer voel dit amper of ek fisies saam Jesus alles beleef – die afsondering van Jesus in die woestyn (ons afsondering in ons huise), Jesus se onsekerheid, vrees en angs van wat voorlê toe Hy in die tuin van Getsemane gaan bid het (ons vrees en die onsekerheid wat vir ons voorlê). En al is meeste van ons nog gelukkig dat die dood nog nie fisies soos op Goeie Vrydag aan óns of iemand naby my se deur kom klop het nie, mag ons dink aan die amper honderd duisend mense wat hulle lewe verloor het deur die virus. Ek weet daar gaan daagliks baie (dalk meer) mense in die wêreld dood deur ander oorsake, maar nog nooit het dit vir my so tasbaar gevoel soos nou nie.
My gunsteling skrywer, Richard Rohr, sê die meeste Christene spring te vinnig van Goeie Vrydag na die Opstanding, na die oorwinning. Maar die uitdaging lê juis in die tyd tussen die twee. En hierdie dag is eintlik die dag wat ons alledaagse lewe dalk die beste beskryf: Onseker oor die dag van more en wat dit alles vir ons inhou, hartseer oor dinge van die verlede of mense wat nie meer met ons is nie…
Al glo en hoop ons op ‘n antwoord, ‘n uitkoms – moet ons ook kan sit in die onsekerheid, leef in die maag van die walvis of liminale plekke soos die tydperk waarin ons nou is. Dis teen ons kultuur en programmering wat ons leer dat alles kits en vining moet wees. Tog het God die hele skepping geskape met die ritme van wag. Ons wag vir die geboorte van ons kinders, wag voordat ons graad vang, wag by stopstrate, winkels, en vir vakansiedae. Ons harte leef met dieselfde ritme, en daarom moet ons leer om ook met God te wag - in gebed, Bybel lees, dienswerk, in ons drome en hele lewe.
Richard sê: “Even when we may feel alone and abandoned, as Jesus did on the cross —“My God, my God, why have you forsaken me?” (Mark 15:34) — we can trust that divine love is holding us. Thankfully, we know the end of the story from the beginning, that after death comes resurrection, after injustice comes liberation, after wounding comes healing. But we can’t skip over the darkness of the tomb.
On this Holy Saturday, before the joy of Easter morning, befriend and be close to sorrow, whether your own suffering, that of a loved one, the pain of the world or the pain of creation. In this liminal space of waiting and the unknown, as poet David Whyte writes, let ‘the night put its arm around’ you.” (Lees gerus die gedig heel onder aan epos.)
"Faith is a journey into darkness, into not-knowing." ~ Richard Rohr
Geloofsgewoonte vir die dag:
Dink aan hoe hierdie tyd van isolasie baie ooreenkomste het met Heilige Saterdag.
Raak bewus van wat jy voel in hierdie tyd – en ook hoe jy dink Sy dissipels dalk gevoel het… hoe Jesus dalk gevoel het…
Besluit om vandag te wag vir iets, dit nie dadelik te gebruik nie. Dalk jou koffie in die oggend, of jou laatmiddag wyntjie of die nuus wat jy volg. Gebruik die tyd wat jy prysgee en gaan sit êrens alleen en wag. Neem waar wat mét jou of ín jou gebeur.
Vir gesinne (of enige iemand wat wil):
1. Speletjie: Druk die prentjies uit, sny dit uit en laat die kinders dit in volgorde plaas van wanneer dit gebeur het in Heilige Week (Maandag tot Sondag).
2. Gesprek: Gesels oor die prentjie van vandag – ‘n toe graf. Vra hoe dink hulle kon Jesus se dissipels dalk gevoel het vandag… hoe het Jesus dalk gevoel… ?
Hoe voel julle vandag – oor Jesus se dood, maar ook die pandemie waarin ons is? Wat dink julle sê God vir ons vandag? (Daar is nie reg of verkeerde antwoorde nie, maar beklemtoon dat God ons nooit alleen los nie, al voel dit soms so… al gaan dit sleg, al weet ons nie wat more gaan gebeur nie, Sy liefde hou ons vas net soos Hy vir Jesus vasgehou en deurgedra het in die dood.) 3. Aktiwiteit: Steek paaseiers weg - in die tuin of in die huis. Laat die kinders dit soek. Wanneer hulle al die paaseiers gekry het, nooi hulle uit om soos Jesus en sy dissipels te WAG, te HOOP en te GLO dat God ons vashou met Sy liefde – al kry ons nie nou dadelik die ‘belofte’ nie, dus nie dadelik die paaseiers te eet nie, maar te wag vir more, die opstanding.
Dis baie moeilik… ons wil so graag dadelik ‘weet’ of ‘kry’ – maar soms moet ons (soos Jesus) eers wag en leer vertrou. (Ek besef vir kleiner kindertjies gaan dit dalk baie moeilik wees om te begryp, gebruik maar julle eie diskresie hoe lank julle wil wag om dit vir hulle te gee.)
News of Death
Last night they came with news of death, not knowing what I would say. I wanted to say, “The green wind is running through the fields, making the grass lie flat.” I wanted to say, “The apple blossom flakes like ash, covering the orchard wall.” I wanted to say, “The fish floats belly up in the slow stream, stepping stones to the dead.”
They asked if I would sleep that night, I said I did not know.
For this loss I could not speak, the tongue lay idle in a great darkness, the heart was strangely open, the moon had gone, and it was then
when I said, “He is no longer here,” that the night put its arm around me and all the white stars turned bitter with grief.
- David Whyte
Herhaalgebed:
Here, help my wag.
Geskryf deur Theo en Wilma Geyser