PLEASE, FORGIVE ME, IT’S MY FIRST TIME ON EARTH
I am still learning how to be alive–
how to allow my heart to leave my sight,
to attend school, to grow up.
I cannot comprehend the arguments
used to bomb the lungs of children,
to leach the Earth of her marrow,
to ban books about love.
Some days, I am paralyzed by grief.
There appear to be pages missing
from my manual. Perhaps I was
improperly configured when
they installed my software.
I do what I can. I am asking the experts.
I am Googling for answers.
I am trying my best. Please forgive me,
it’s my first time on Earth.
Danielle Coffyn
Toe Meister Eckhart gebid het, “God, rid me of God!” het hy nie ‘n debatskompetisie probeer wen of logika voorgehou as sy speelveld nie. Hy het ‘n diep bewuswording gehad dat enige konsep van God nie groot genoeg is om God vas te vang nie. Hy het geweet ons kan God net ken (nie te verwar met “weet” of “begryp” nie; die oorspronklike betekenis het te make met intimiteit) as ons kan laat gaan van ons idees oor God en as ons gestroop kan word van dit wat nie God is nie en wat nie God is nie.
Ons gesels die volgende paar weke oor afgode, waarvan “goed” en “geld” vir jou bekend mag klink (selfs wees), maar god? Ja, die god waarvan ons praat as ons sê, “God created man in His image and man returned the favour.”
St Augustine het gesê, “Si comprehendis, non est Deus.” As jy dit kan verstaan, is dit nie God nie.
So hoekom dan hoegenaamd praat oor God as Hy deur die profeet Jesaja sê:
“Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie. Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.
NP van Wyk Louw het iets daarvan begryp:
Van God durf ek skaars praat: ek ken hom min,
al ken hy my tot in die laaste sel
en laaste selfbedrog …
Ek wil dan veel eerder leer hoe om nié te praat oor God nie. Om God nie so hard te probeer begryp, verstaan, selfs ken nie, maar tevrede te wees om deur God geken te word. Wat reeds die geval is, so waaroor al die bohaai?
Die ding is: God het die ewigheid in die harte van mense gesit so ons gaan altyd worstel daarmee. Ons gaan nooit rus vind as ons nie rus vind in God nie. Ons kan na biologie toe draai om vir ons te verduidelik hoekom ons nie (meer) sterte het nie, maar biologie kan nie verklaar hoekom ons dit eindeloos interessant vind nie. In die woorde van Rob Bell in “What we talk about when we talk about God”: “Because sometimes you need a biologist, and sometimes you need a poet. Sometimes you need a scientist, and sometimes you need a song.”
Hierdie teksgedeelte in Prediker 3, beskryf hierdie dilemma vir my so mooi dat ek altyd myself vang met ‘n glimlag op die gesig terwyl ek dit lees:
He has made everything beautiful and appropriate in its time. He has also planted eternity [a sense of divine purpose] in the human heart [a mysterious longing which nothing under the sun can satisfy, except God]—yet man cannot find out (comprehend, grasp) what God has done (His overall plan) from the beginning to the end.
I know that there is nothing better for them than to rejoice and to do good as long as they live; and also that every man should eat and drink and see and enjoy the good of all his labor—it is the gift of God. 14 I know that whatever God does, it endures forever; nothing can be added to it nor can anything be taken from it, for God does it so that men will fear and worship Him [with awe-filled reverence, knowing that He is God].
Dit beskryf iets van die geskenk van tyd en die dinamiese, goddelike orde wat alles in die heelal beheer. Dan sit dit die mens “op sy plek” en herinner hom aan sy beperkings waarvan een van die grootste is: ‘n mens weet nooit. Hierdie vers is in die Joodse tradisie dikwels beskou as 'n aanduiding dat die mens beskou word as 'n wese met 'n bewustheid van die ewige, maar nie in staat om die volle omvang van God se werke te verstaan nie. Dit kan gesien word as 'n herinnering aan die beperkte aard van die menslike ervaring, selfs al het ons 'n ingebore begeerte om betekenis en doel te vind in die lewe. En dan volg die aanmoediging om die eenvoud en die vreugde van die alledaagse lewe te waardeer. Die sin van die lewe lê nie net daarin om die groter misterie van die universum te verstaan nie, maar om die gawes van die lewe in die "nou" te waardeer.
Ek, hard van helderheid en styf van knie, is vanoggend uitgevang deur my jongste. Ons het ‘n verstandhouding: ek jaag hom aan, hy vertraag my. Dis ons ding. So vanoggend toe ek hom aanjaag terwyl hy sy pap (so genoeglik en langsaam soos ‘n fynproe-vyfgangmaal) eet en sê, “Onthou, jy’t nou nie die wêreld se tyd nie” kyk hy my met so skewe koppie aan en sê, “Ek dink ek het.” ‘n Domineevriend van my bel my so paar minute gelede en sê hy’t nounet vir Hugi by die skool gesien en gevra waar’s sy oupa, toe sê hy, “Nee oom, my oupa is stokoud. Hy mag nie meer in my klas wees nie. Hy’s al se-wen-tien!” (My pa is sewentig, as jy gewonder het.)
“So het ek dan ingesien dat daar niks beters onder hulle is nie as om bly te wees en om goed te doen in die lewe. En ook — dat elke mens eet en drink en die goeie geniet by al sy moeitevolle arbeid; dit is 'n gawe van God.”
Interessant dat van Wyk Louw die gedig waaruit ek vroeër aangehaal het “Die Ambag” noem. En ná hy bely het, “Min moet my woorde oor dié dinge wees– ek, hard van helderheid en styf van knie –“ gaan hy tog voort:
maar ánder woorde durf ek tog laat lees:dat van die dinge wat die mens bedink,ons smet se krag, ons wankele bestaandie swaarste hoeke afgrond toe laat sink,en, buite wete, weet ek: daarvandaantrek ons iets op wat ryk is soos die sinvan daardie woord van God in die Begin.
So vriende, mede-sterwendes: vergewe my seblief, dis my eerste keer op aarde (dink ek). Ek is nie “God”-magtig nie. Ek kan nie God praat nie. Die beste wat ek – en jy – kan doen (na ‘n week wat dit vir my voel meeste mense op die internet het net probeer om beter en harder en kwaaier papegaaie van God probeer wees) is om deur God gepraat te word. God praat my. Ek praat nie God nie. Ek lees Thomas Merton en my skouers val sommer so terug na hulle holtes soos ek oorgee en die wêreld van hulle afhaal:
“God utters me like a word containing a partial thought of himself. A word will never be able to comprehend a voice that utters it. But if I am true to the concept God utters in me, if I am true to the thought in Him I was meant to embody, I shall be full of His actuality and find him everywhere in myself and find myself nowhere. I shall be lost in Him.”
Thomas Merton
So ons moet almal saam met Meister Eckhart vir God vra om ons te bevry van god:
God, ontdaan my van god!
Ontdaan my van grootheidswaan
oor wat ek verstaan,
van arrogansie om te dink ek sien suiwer genoeg
dat hierdie sienings my kleding geknoop en gegordel kan hou
teen die vrees om naak bevind te word.
Miskien help dit my om gekleed te bly,
maar dit lê my aan bande.
U is nader as my hemp aan my
en tog verder as die verste ster.
Ek voel u asem op my wange
en ken U, maar U bly vir my onbekend,
ek sien U, maar U bly vir my onsienlik.
Daarom vra ek God, ontdaan my van my gode.
God, ontdaan my van my gode!
Ek kan U alleen maar sien deur lense
gekleur deur `n geskiedenis van my eie beperkte verstaan.
Die wêreld rondom word soos ek dit sien.
Ek sien U nie soos U is nie,
ek sien U soos ek is.
Ek is vasgevang deur die dinge wat ek dink ek weet.
My afgode is my versteende sienings.
Daarom God moet U vloeibaar bly,
veral as ek U wil bevries
in `n vorm wat net soos ek lyk.
Dit was ons God noem is dus nie `n ding nie,
nie `n teoretiese probleem om op te los nie,
maar `n misterie waarbinne ons ritmies beweeg.
Laat ons dus hande vat en op haar ritme begin dans.
Ek mag dalk stokkerig wees omdat ek,
getronk in hierdie sintuie deur die tralies loer maar dan weer wegkyk
bevrees dat ek verlore sal wees in jou volheid.
Daarom God, ontdaan my van god!
Ek sal U nooit weer definieer nie,
nooit weer van U praat in woorde wat nie metafore is nie.
God, ontdaan my van god!
Totdat ek U vind in die stilte van my asem
Joel McKerrow (vry vertaal deur Tallie van den Heever)
- Frieda van den Heever