Die hart is ‘n via of pad. Wanneer die pad oop is kan die lewe vloei maar wanneer dit toe is word die lewe geblok. Die paaie in ons hart word geblok of oopgemaak deur denke. Daarom is ware transformasie “laat God jou verander deur jou denke nuut te maak.” (Rom 12:2) Die beste manier om jou denke te verander is nie deur generiese breinspoeling nie, maar deur jou hart. ‘n Godsdiens wat slegs in die kop beoefen word is gevaarlik. Dit gee die illusie van veiligheid en hou nie rekening met die beperkte drakrag van denke wat beperk is tot ons eie kondisionering en programmering nie. Die oefening is eenvoudig: Neem jou gedagtes op en luister daarna. Ons almal ly aan “schizophonia” (letterlik: twee stemme) – wat hulleself weerspreek. Op ‘n manier is schizophonia ‘n beskermingsmeganisme. Ons harte kry seer in hierdie lewe en dan bou ons mure om ons hart. Binne daardie mure vertel ons ons eie stories wat ons wil glo. Geloofsgewoontes help om ons harte oop te maak en die mure af te breek. Mense met hierdie ervaring in die Bybel het beswaarlik gepraat oor nuwe insigte of konklusies maar eerder oor gevoelens en oortuigings wat moeilik verklaarbaar is. Die hart het sy eie manier van dink en weet reeds lank voordat die kop daarvan weet.
Ons gesels Sondag oor hoe om ons harte te oefen sodat ons ook harte “met gebaande weë” kan bekom (Ps 84:6). “One could say that authentic spirituality is invariably a matter of emptying the mind and filling the heart at the same time.” Richard Rohr