top of page

Jesus Se Mees Irriterende Stories: Mammon



Wat maak jou ongemaklik? Ek is seker êrens sal geld jou lysie haal. Wat is dit in ons wat ons so ongemaklik maak wanneer daar oor geld gepraat word? Dit sou moeilik wees as jy een van Jesus se dissiples was.

Naas die koninkryk van God is die ding waaroor hy die meeste praat, geld. ‘n Mens weet ook nie altyd of die Here jou nou arm of ryk wil hê nie. Soms klink dit of jy alles moet verkoop om in die hemel te kom (Matt 19), maar luister jy na die TV-predikers en Deuteronomium 8 dan klink dit weer of rykdom ‘n teken is van die Here se seën. Elf van die 39 gelykenisse gaan oor geld en 50% van al Jesus se stories speel af in ‘n besigheidsmilieu. Hy het ook ‘n ambag en werk as timmerman, leer mense oor belasting en om kostes te bereken wanneer daar gebou word. Hy ken van verantwoordelike rentmeesterskap, maar ook van roekelose geloof waar Hy niks het nie. Dit klink of Hy teen ryk mense preek maar tog onderhou ryk sakevroue sy bediening (Luk 8). Hy belowe ‘n belonging in die hemel wanneer ons geld reg gebruik, maar ook hier op aarde. Van sy dissipels verkoop alles, leef in die geloof en los selfs hulle families, ander keer weer terug na hulle werk en families en volg Hom nog steeds. In hierdie paradokse nooi Jesus ons uit na ‘n ongelooflike seën wat geld na ons en ander kan bring. Ons gesels Sondag oor die gemeenskap aan wie Mattheus skryf en waarom hy seker een van die moeilikste sinne oor geld gebruik: “Dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te kom as vir 'n ryke om in die koninkryk van God te kom.”

bottom of page