top of page

Ruswoorde: Diens



Simone Weil, die Franse filosoof, het keer op keer gesê dat die mensdom se diepste begeerte en verlange eintlik is om aan iets of iemand onderdanig te word en dit dan te gehoorsaam. Sy’t voorts gesê dat as ons nie so iets of iemand vind nie, ons gewoon sal aanhou opblaas, al hoe meer arrogant word, en uiteindelik ‘n afgod van onsself maak.

Self.

Seker een van die eerste woorde wat ons sê as kinders: ‘self’.

Myne.

As ek nie keer nie, draai my hele wêreld blitsvinnig om myself en my eie behoeftes en begeertes. As ek nie pasop nie, draai ek so styf toe in myself dat ek kleiner en kleiner word, inmekaargedruk deur my selfobsessie en verwondering aan my eie belangrikheid, wat ekself (so glo ek) tot stand gebring het.

Jesus nooi ons uit na ‘n groter ‘ek’, ‘n metanoia. Die pad na die groter jy, groter as jy, is deur dankbaarheid, die erkenning dat jy nie die middelpunt van die heelal is nie en ’n bewuswording van die een groter as jy. Hierdie pad lei deur en na diens. Diens is die vleeswording van dankbaarheid.

Ek nooi jou graag uit na ons dienste Sondag by InVia. 10:00 by Protea Hotel in Stellenbosch en 18:30 by Old Biscuit Mill in Woodstock, waar die preek in Engels sal wees. Nooi gerus jou Engelssprekende vriende.

bottom of page