top of page

Op Pad: Aksie



In die week hoor ek ‘n storie van ‘n invianiet wat besig is met spirituele begeleiding opleiding by die Jesuïete. Op hierdie selfde kursus ontmoet sy toe twee nonne wat deel is van die Karmelietiese orde. Die Karmelietiese orde se ‘charism’ se geestelike fokus is kontemplasie (gebed). In kort, soos hulle die storie vir ons invianiet vertel, bid hulle vir die wêreld, maar sien dat mense nie soekendes help op hulle reis nie.

Wat onlangs begin gebeur het by hulle klooster is dat daar so baie mense by hulle kom aanklop het vir geestelike hulp, dat hulle besluit het om hulle orde se reëls te ‘oortree’, uit te gaan en te leer hoe om mense te begelei.

Die nood en die honger in die wêreld is so groot dat selfs die nonne die ordes waaraan hul hul lewens gewy het, se reëls ‘breek’.

Die vrae wat ek en jy vir mekaar moet vra is: Hoe lyk ons as mense van die weg se aksie in en na die res van die wêreld? Hoe pas aksie by kontemplasie in? Is dit die een of die ander, of is dit albei tegelyk?

Kom kuier gerus Sondag oggend saam by Stellenbosch om 10:00 by die Protea hotel en die aand in Kaapstad by die Old Biscuit Mill om 18:30 (Die preek by die Old Biscuit Mill sal in Engels wees, so nooi gerus jou Engels sprekende vriende!)

 

Wil jy weekliks ons nuusbrief ontvang? Teken hier in

 

bottom of page