top of page

My Bloudruk: Van Woede Na Vrede



“Word kwaad, en moenie sondig nie” (Ef 4:26).

Daar is ‘n deel in ons (die ou mens/vals self) wat baie gevaarlik met woede omgaan en dan is daar ‘n deel in ons (die ware of geskape self) wat baie gesond met woede kan omgaan (Ef 4: 24-28).

‘n Gesegde oor woede lui: Woede is die profeet se vuur en die duiwel se werkswinkel.

Profete is gewoonlik fluitjieblasers, stroom-op, ongenaakbaar en is vreesloos oor hulle boodskap. Jy leer hulle ken op kunstefeeste, kansels, en politieke podiums. Met metafore, beelde, gedigte, liedere en preke gee hulle hoop en ‘n stem vir die wat geen stem het nie.

Die duiwel se werkswinkel het ook fluitjieblasers, swem ook stroom-op, en kamoefleer hulle net soos die profete van ouds, maar hulle woede bring wanhoop en misbruik en eksploiteer die stem van die ander.

Ons gesels Sondag oor hoe om uit die duiwels se werkswinkel te bly! Ons gaan kyk na die gawe wat God in woede aan ons kan gee en ook hoe hierdie gawe sy doel kan mis.

 

Wil jy weekliks ons nuusbrief ontvang? Teken hier in

 

bottom of page