Wysheid is om te weet ‘n tamatie is ‘n vrug, maar dit nie in ‘n vrugteslaai te sit nie, of so sê hulle.
Wysheid is die kuns om goed te lewe, om te weet wat om te doen, watter paadjie om te vat, wat om voor ja te sê en wat om weg te wys.
Kry mens wysheid wanneer jy die oorsaak en gevolg verstaan, is daar ‘n vasgestelde wysheids wet, wat iets lees soos; as jy A doen dan kry jy altyd B. As jy goeie besluite maak, en ‘n goeie mens is, met goeie voorbedoelings, dan werk dinge altyd uit? Dit is tog so, of nie?*
Is wysheid om God te vrees, soos die Spreuke skrywer ons vertel in die eerste hoofstuk? Is dit eerder wys om alles aan God oor te laat? Hy is tog die een wat ons paaie gelyk maak [Spr 3:6]?
Dit is tog altyd so eenvoudig.**
*Behalwe vir die kere wat dit nie so is nie.
**Tensy dit kompleks is.
Wil jy weekliks ons blogs ontvang? Teken hier aan