Gedurende Lent word ons uitgenooi om met Jesus se lyding te identifiseer. Hierdie lyding neem jou na die dood. Ons gesels op die oomblik oor Jesus se laaste woorde voor sy dood, beter bekend as ‘die laaste kruiswoorde’. Hierdie woorde kan ons help om op ‘n gesonde manier met die dood om te gaan en die onbewustelike strewe om nie te wil doodgaan nie, die nek in te slaan.
Ons gesels die naweek oor die woorde: “My God, My God, waarom het U my verlaat.”
Hierdie woorde het al baie misverstande veroorsaak - net soos daardie dag toe Hy gekruisig is. Matteus vertaal die stelling ‘My God’ met ‘Eli’ (Hebreeus), en Markus weer met ‘Eloi’ (Aramees). Van die skares dink dat Jesus na Elia vra. ‘n Mens moet aanvaar dat Hy reeds baie moeg en uitgeput was en dat dit ook seker baie moeilik was om presies te kon hoor wat Jesus sê. Dit was die negende uur – omtrent 3 uur in die middag. Beide skrywers wil wys hoe alleen Jesus regtig was, en hoe tragies hierdie dood was.
In stede om op Matteus en Markus se vertelling te fokus bring die stelling so ‘n groot ongemak, dat ons dadelik teologiese afleidings wil maak. Ons wil eerder die stelling as ‘n aanval of beskuldiging teenoor God verstaan. Om dit te rasionaliseer sê ons dat die rede hoekom God Jesus verlaat was omdat hy vol sonde was. God haat sonde en straf dan sonde, en wreek Hom op sy eie seun.
Hierdie teologiese stelling is uiters gevaarlik en kweek haatspraak en geweldadige Christene.
Die stelling maak geen sin nie, bloot omdat Matteus en Markus hierdie inligting vir ons sou gegee het. Tweedens kom Hy uit die tuin van Getsemane en weet presies wat die wil van sy Vader is, en wat vir Hom voorlê. God word ook nie geïntimideer deur sonde en ons gebrokenheid nie, maar draai eerder na die sonde en gebrokenheid van die mens toe. Jesus se grootste aanklag was dat Hy sy tyd met sondaars spandeer en hulle liefhet. Laastens sal die Drie-eenheid ook geen sin maak indien ons hierdie absurdheid glo nie.
Frederick Buechner noem die stelling: “My God, my God, waarom het U My verlaat?” die grootste liedesverklaring aan die kruis.
Jesus praat immers met God deur Psalm 22. Dit gaan oor God wat die pyn van die mens binnegaan, en uitroep hoe dit voel! Selfs Ps 22 eindig nie met wanhoop nie, maar met ‘n wete dat God te midde van pyn, altyd naby ons is.
“Eensaamheid leer ons die pyn van alleen wees en alleenheid of afsondering leer ons die vreugde van alleen wees. “ Paul Tillich