Die vraag ’Hoe gaan dit met jou?’ is moeilik om te antwoord. Dit gaan met my net so goed as wat dit met my kind, eggenoot, vriend, werk, omgewing of buurman gaan. Noem hulle of dit die ‘ander’. Dit sal baie lank neem om die vraag te antwoord, bloot omdat die ‘ander’ ‘n legio fasette van my lewe behels.
Dit is baie makliker om die vraag eerder selektief te antwoord, uit die areas van ons lewe waar dit wel goed gaan. Die ander areas word vermy, onderdruk en ontken. Hierdie selektiwiteit volg ons gewoonlik op met ‘n vraag: ‘Maar hoe gaan dit rêrig met jou?’
Jesus het gereeld hierdie vraag op soveel verskillende maniere gevra omdat hy geweet het dat ‘n verhouding met God raak nie net jou hart nie, maar ook jou verhoudings, beursie, gewoontes, geluk, vriende en letterlik jou hele lewe (Matt 6:27-28; Matt 8:26; Matt 12:29; Matt 15:34; Matt 17:17).
God kom verbloem in die ‘ander’ na ons lewe, en jy kry Hom gewoonlik op die plekke waar jy Hom die minste verwag het.
Ons gesels Sondag oor hoe ons verhouding met God heelheid in elke fasset van my lewe bring. Ook hoe ons so maklik die ‘ander’ uit ons lewe uitsny omdat ons vasgevang word in ons eie drama’s. Hierdie drama se nek moet gebreek word voordat ek die gawe wat die ‘ander’ bring, kan ontvang.
“The Universe does not judge; it conspires in favour of what we want. That is why the warrior has the courage to look into the dark places of his soul in order to ensure that he is not asking for the wrong things.”
Paulo Coelho – ‘Manual of the Warrior of Light’