top of page

Francois van der Merwe

In Gemeen | Web

Francois se lewenspassie was nog altyd musiek en die kerk. Van jongs af het hy gereeld geleenthede aangegryp om musiek te maak en was altyd lief vir kerk toe gaan. Hy het in Roodepoort, Johannesburg, groot geword. Op 15-jarige ouderdom het hy by Mosaïek gemeente se Jeugbediening, Mezo, se musiekspan aangesluit. Aan die einde van sy hoërskool loopbaan in 2011, is hy gevra om Mezo se musiek bedieningsleier te word. Vir twee jaar was hy deur Johan Heystek gementor en het ook by Mosaïek se nuwe generasie aandbyeenkomste (vandag Antïoch) gereeld die aanbidding gelei. 

 

In 2014 verhuis Francois na Stellenbosch en begin Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Einde 2015 word hy as Kontemporêre musiekleier by Kruiskerk (NG Moedergemeente), Stellenbosch aangestel, en bedien daar tot einde 2016. Hy ontvang dieselfde tyd sy BTh graad, en sluit in 2017 by die InVia span aan. Hy ontvang einde 2017 'n Rektorstoekenning vir sy Kultuur bydrae aan Stellenbosch.

 

Francois trou in 2018 met Melissa – Projek bestuurder by Aitsa! Aftercare in Kylemore. Hy is op sy gelukkigste saam met Melissa en hul twee dogtertjies op ‘n wynplaas. Naas sy vrou en kinders, is sy 3 ander groot liefdes: Musiek, wyn en Christus, en glo dit sal eendag die titel van sy autobiografie wees.

bottom of page