top of page
Aksie Banners (2050 x 500 px) (8).png

KINDERS | AKSIE

Die weerloosheid van kinders lê ons na aan die hart. Ons het al elkeen in ons eie lewens die Afrika slagspreuk wat lei: "It takes a village to raise a child" ervaar.  Ons wil ook deel wees van die "village" wat op vele maniere teenwoordig is en kinders laat weet dat hul diep geliefd, spesiaal en belangrik is.

 

 

 

Ons werk saam met:

 

  • Vineyard Kinderhuise waar ons 4 huise ( 2 in Kayamandi en 2 in Cloetesville) se kinders met liefde op verskeie praktiese maniere 'n werklikheid maak.

  • Aitsa is 'n nasorgsentrum in Kylemore waar mentor en nasorg werk met skoolkinders gedoen word.

  • Vanuit ons “Ek was honger”-projek, is ons ook betrokke by 3 kleuterskole (2 in Khaymandi en 1 in Eersterivier). Buiten die voorsiening van pap, ondersteun ons ook met vele ander donasies.

  • Bergskool is ‘n Invia inisiatief waar ons kinders (13 jaar) op ‘n inisiasie reis na adolesensie fasiliteer. Hierdie geleentheid word ook beskikbaar gemaak aan kinders vanuit die Vineyard kinderhuise, van wie baie jaar na jaar steeds betrokke bly as mentors vir nuwe Bergskool kinders.

Borg ‘n drom (2).png

View Gallery

Ons maak elke kind se verjaarsdag spesiaal deur 'n koek, 'n geskenk en lekkernye met die spesifieke Kinderhuis te deel.

Ons reël lekker uitstappies gedurende die vakansie waarna die kinders kan uitsien. Dit is 'n hoogtepunt van die InVia kalender, aangesien hulle die meeste jaar in hul huise en by die skool deurbring.

Ons nooi ons gemeenskap uit om deel te neem om Kersfees vir elke kind spesiaal te maak deur finansieel by te dra om vir elke kind 'n Kersgeskenk te gee.

Dit sluit skoolgeld, koshuisgeld, finansiële ondersteuning vir uniforms, skryfbehoeftes, boeke, ekstra lesse en buitemuurse aktiwiteite in.

Om die skool te verlaat is 'n strawwe tyd aangesien hierdie kinders die Kinderhuis moet verlaat. Ons vat hande om hulle te help om oor te skakel na die volwasse lewe. Dit sluit hulp in met verskeie beroepsvaardighede soos hulle verlang.

Ons vat hande as gemeenskap om fees te vier saam met die jong meisie(s) (grimering, rok, skoene, fotografie ens.) en/of seun (pak, skoene, voertuig vir vervoer)​

Ons stap langs die kinders se pad, hand aan hand, om hul drome te laat groei.

Van musiek en sport tot kultuur, ons bied 'n kleurvolle wêreld van buitemuurse geleenthede aan.

TERAPEUTIESE DIENSTE

Deur musiekterapie en ander dienste, help ons om die kinders se emosionele genesing en groei te fasiliteer

bcome involved
Word deel hiervan

Raak deel van...

Vir finansiële bydraes merk jou skenking met: VINEYARD KINDERHUISE

kliek HIER om 'n bydrae te maak.

ONS VAT HANDE MET:

cropped-headernew-removebg-preview.png
1HfH_MASTER-LOGO.png
3 (1).png
450052186_463680799717833_52158218887679
bottom of page