top of page
v2osk-In4XVKhYaiI-unsplash.jpg

'n Leerervaring om met God se oë na onsself, ander en die wêreld te kyk.

InSig is 'n leerervaring waar ons aanlyn saam ont-dek, ont-leer en mekaar ont-moet. Ons noem dit InSig omdat ons met God se oë na onsself, ander en die wêreld wil kyk. Die woord “insig” verwys eintlik na “inner sight”: om met jou volle self te kyk en tot ‘n dieper verstaan te kom juis omdat daar wysheid opgesluit lê in jou lyf, jou hart en jou kop. Ons gaan dus nie net omgaan met kopkennis nie, maar dit werklik probeer toepas op ons liggame en emosies ook.

 

Belangrike temas soos 'Gebed', 'Bybellees' en 'Stilte' verloor dikwels hul krag binne die kompleksiteit van die lewe en ons wil graag saam die onskatbare waarde daarvan herontdek. 

Die formaat behels: 
Ons ontmoet mekaar Sondagaande op 'n aanlyn platform. Die temas wat behandel word sal nie oor meer as twee weke strek nie en jy is welkom om periodiek in te skakel.

Ons is tans besig om 'n spasie op hierdie webblad te skep waar die aantekeninge, hulpmiddels, gespreksforum en ook verwysings na waardevolle bronne en sprekers beskikbaar sal wees om jou te help in die reis met ‘n spesifieke tema.  


Kom reis saam met ons…

Aanlyn byeenkomste

Aanlyn byeenkomste:

No events at the moment

Hulpbronne:

Hulpbronne
bottom of page