
KURSUSSE | ENNEAGRAM 2.0 SUBTIPES
"The instinctual subtypes reveal where our deepest survival energies are channeled, and hence, where our most potent anxieties, defenses, and blind spots will be found..."
— Russ Hudson, mede-outeur van The Wisdom of the Enneagram
Het jy al ooit gewonder hoekom jy en iemand anders met dieselfde Enneagram-tipe só verskil? Die geheim lê in die subtipes. Trouens, daar is nie net 9 nie, maar 27 unieke Enneagram-variante.
Dís hoekom drie Tipe Eens so verskillend kan lyk:
– een is ’n vriendelike people-pleaser,
– die ander ’n rigiede bastion van moraliteit,
– en die derde ’n vurige, passievolle kampvegter vir verandering.
Subtipes wys jou nie net hoe jy funksioneer nie, maar ook hoekom.
Dis juis die verstaan van die “hoekom” wat so diepe transformasie bring.
Opkomende kursus geleentheid:
Ontdek nuwe insigte oor jouself.Hierdie werkswinkel word slegs een keer per jaar aangebied.
Wanneer: 7 Junie 2025 | 08:30 – 17:00
Waar: Heilsaam
Koste: R1450 pp
Beperkte plekke beskikbaar—so bespreek vroegtydig by Hilke: inviagemeente@gmail.com
Melissa deel haar ervaring:
“Om die Enneagram-subtipes te ontdek, was een van die grootste geskenke op my reis. Al het ek reeds my nommer geïdentifiseer en daarmee saamgestem, was daar steeds iets wat nie heeltemal reg gevoel het nie—dit was asof ek nooit heeltemal kon rus vind daarin nie. Om die subtipes te leer ken, was ’n ware “aha”-oomblik. Dit het vir my die genade gebring waarna ek so lank gesmag het—daardie legkaartstukkie wat my in staat gestel het om myself met meer deernis te sien. Om te ontdek dat ek ’n sosiale subtype Twee is, het ’n nuwe vlak van helderheid gebring.”