top of page
EK WAS HONGER | AKSIE
'n Bordjie pap moet nie net 'n kind se magie vol maak nie, dit moet die liggaam belangrike proteïene, vitamiene en minerale verskaf om optimaal te kan groei en kognitief te ontwikkel.
Org en Yolandi van der Wath, wat deel is van ons Invia gemeenskap, het die Inani Startwell Foundation in 2018 begin. Startwell ontwikkel en produseer nutrient ryke, aanvullende maaltye wat ‘n ondersteunende rol speel vir kinders wat aan wanvoeding lei. Invia ondersteun 3 kleuterskole (91 kinders) en ‘n nasorg sentrum (15 kinders) met Startwell pap. Die aanwending van Startwell se verskeie produkte word ondersoek om verder voedsame ondersteuning vir ander te bring.
Elke kind verdien om te floreer.
Tydens 'n kind se vroeë ontwikkelingstadiums moet hulle daagliks kwaliteit makro- en mikrovoedingstowwe ontvang om te groei en tot hul volle potensiaal te ontwikkel.
Bou 'n beter toekoms, een gesonde maaltyd op ’n slag.
bottom of page