
ADULTING 101 | LEWENSOORGANGE
Dis moeilik om as volwassene die wêreld vandag te betree. Die wêreld het verander en het nuwe uitdagings. Hiervoor word bitter min jongmense voorberei.
Ons is ons lewe lank intellektueel voorberei maar nie emosioneel en geestelik nie. Ons leef in 'n egosentriese kultuur wat glo (en optree asof) 'n persoon "groot" is bloot deurdat hy/sy 'n sekere ouderdom bereik het of skool voltooi het, getrou het of ekonomiese onafhanklikheid bereik het. Jong volwassenes word ontnugter want die lewe in die korporatiewe/volwasse wêreld het nie uitgewerk soos dit "veronderstel" is om te wees nie, want "groot" wees is in werklikheid anders.
InVia is passievol oor lewensoorgange en werk die afgelope 8 jaar met die oorgang van kind na adolessensie. Ons wil in 2022 afskop met die voorbereiding en fasilitering van ‘n oorgang na volwassenheid.
Met Adulting101 gaan ons werk met ontwikkelingstake wat ons gaan voorberei vir die lewensoorgang van laat-adolessensie na volwassenheid. Daar is belangrike innerlike werk om te doen. Ons moet onder andere bewus word van dit wat ons van laat-adolessensie moet laat gaan en watter nuwe take ons in volwassenheid moet opneem. Ons moet leer hoe om nader te kom aan ons vrae, dit wat nie meer sin maak nie en ook nader te kom aan wie ons werklik is en so ontdek wat ons doel op aarde is.
VIR WIE IS HIERDIE REIS?
Individue (rofweg laat-20's en vroeë-en-mid-30's) wat met 'n gevoel van ontnugtering resoneer
en die begeerte het om te groei en meer betekenisvol op hierdie aarde te leef.

Wat gaan ons behandel tydens die sessies?
Ontmoeting 1: Inleiding: Die uitnodiging
"Aging is a passage of discovery and new engagements" - Parker Palmer
Waarom is so reis nodig?
Hoe het antieke mense kinders groot gemaak en hulle as volwassenes gereken? Wat beteken volwassenheid?
Wat moet ek (aan) leer van volwassenheid en ook afleer van adolessensie?
Ons wel beter verstaan wat Paulus bedoel met die stelling: "Toe ek 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind. Maar noudat ek 'n man is, is ek klaar met die dinge van 'n kind." (1 Kor 13: 11)
Ontmoeting 2: My wond en die gawe daarvan
“Before I can tell my life what I want to do with it, I must listen to my life telling me who I am.” - Parker Palmer
Hoe het ek 'oorleef' as kind?
Wat is 'n emosionele en geestelike wond?
Hoe werk emosies (energy in motion = emotion) binne ons?
Hoe kan die woorde "as ek swak is, is ek sterk" my help in my volwasse lewe?
Stel jy belang?
Kontak vir Francois vir meer inligting oor die proses.
Daar is slegs plek vir 10 persone. Alle ontmoetings vereis verpligtende bywoning.